Koperfees is om die draai
Die goeie vennootskap tussen die Tsumeb-gemeenskap en plaaslike sakelui duur voort.
Augetto Graig – Dit is amper tyd vir die gewilde Tsumeb Koperfees.
Vanjaar se feesvieringe, met die tema “Koper verenig Namibië”, word vanaf 30 Oktober tot 2 November by die J.P. Ratledge-stadion van Hoërskool Etosha gehou. Vir 14 jaar is die fees in ‘n park aangebied.
Vanjaar sal vir die eerste keer toegangsgeld gevra word.
“Ons het dié veranderinge gemaak om ‘n meer bevorderlike omgewing te skep,” sê mnr. Julius Gaeseb van die stadsraad en bestuurskomiteelid van die fees.
“Dit is veiliger daar en ons sal N$5 per kind en N$10 vir ouers vra vir beter beheer.”
Dundee Precious Metals, wat die smelter op die dorp bedryf, is weer die hoofborg van die geleentheid.
Gaeseb sê die fees is 'n vennootskap tussen die ondernemings en gemeenskap op Tsumeb.
“Nadat dit vir jare in ‘n park gehou is, het die dorpsraad grond beskikbaar gestel vir ’n permanente perseel, waar ons meer op landbou kan fokus in samewerking met ons vennote Agribank, Standard Bank, MTC, Cenored en die munisipaliteit. Die fees kos die munisipaliteit baie geld.”
Vanjaar se geleentheid sluit onder meer konferensies vir boere, sakelui en ondernemings, asook transformasie in jeugleierskap in, sê Gaeseb. “Ons wil die jongmense daar sien.”
Sonder vermaak kan enige fees ietwat vervelig wees, sê Gaeseb.
Die jongmense kan uitsien na onder meer Mej. Koperfees, ‘n danskompetisie en die eerste Burgemeesterbeker-sokkerkompetisie.
“Baie dinge verander,” sê Gaeseb. “Ek is die enigste dorpsraadlid wat nog oor is in die bestuurskomitee.”
Hy het benadruk dat komiteelede vrywillig daarin dien, en verteenwoordig verskeie afdelings van die gemeenskap, wat insluit plaaslike besighede, borge, mense betrokke by landbou, opleidingsinstansies en die polisie. 15 mense dien in die komitee, met nog 15 in die subkomitee. Gaeseb gee met graagte die nuwe lede raad. “Moenie vra wat jou land vir jou kan doen nie. Vra liewer wat jy vir jou land kan doen.”
Die nuwe lede betrokke by die reëlings kan dit in ‘n meer volhoubare fees omskep, sê hy. “Mense met goeie idees moet na vore kom.”
Nog ‘n nuutjie is stalletjies wat gratis aan tien plaaslike jongmense toegeken word om hul produkte ten toon te stel en “vir mense te wys hoe hulle die gemeenskap help ophef”.
Uitstallers het nog tot 18 Oktober kans om stalletjies te bespreek. “Dit is die tipe geleenthede wat ons in Namibië moet bevorder,” sê hy.
Op 27 September word ‘n geldinsameling in die vorm van ‘n galadinee ten bate van die fees gehou. Kaartjies vir ‘n tafel is weens die huidige ekomoniese situasie in die land tot N$6 000 verminder, sê Gaeseb. Vir meer inligting kan hy by 081 146 0166 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie