Koperfees 'n reusesukses
Sakemanne en -vroue moet aan lang termyn dink
Tammy Kleinhans – Volgens feesgangers “word die Koperfees elke jaar net beter” en vanjaar was geen uitsondering nie.
Die immergewilde jaarlikse Koperfees het vanaf 29 Oktober tot 1 November op die dorp plaasgevind en die voorsitter van die voorbereidingskomitee, mnr. Julius Gaeseb, het gesê die tema “Koper skep eenheid”, was heeltemal van pas.
Hy het gesê die fees was misdaadvry en het volgens plan verloop, met ongeveer 25 000 mense wat die jaarlikse geleentheid bygewoon het.
Die fees is amptelik deur die minister van buitelandse sake, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, op 31 Oktober geopen.
Tydens die opening het sy gesê die fees stel die dorp nie net in staat om sy potensiaal vir ekonomiese vooruitgang asook die toevoeging van waarde tot die plaaslike ekonomie te bevorder nie, maar bring mense byeen om te netwerk en sakegeleenthede te skep.
Volgens haar is Tsumeb strategies geleë met die potensiaal om sy ekonomiese aktiwiteite te diversifiseer en in ’n nywerheidsdorp te verander.
“Met produktiewe plase wat Tsumeb omring, sien ek geen rede waarom die supermarkte op die dorp nie van plaaslike produkte soos vars groente en vrugte voorsien kan word nie,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Volgens haar het myne net ’n beperkte lewensduur omdat minerale nie hernubaar is nie. Sy meen leiers moet paraat wees en nou reeds voorsorg tref, want veral mense wat in die myn werk, sal swaarkry as ontginning moet ophou.
Nandi-Ndaitwah het gesê met al die opleidingsinstellings wat op die dorp is, onder meer satellietkampusse van die Universiteit van Namibië (Unam), die Politegnikum, die Namibiese Instituut vir Myntegnologie (Nimt) en ? tak van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI), is die dorp besig om in die regte rigting te beweeg.
Volgens haar moet mense met hul eie besighede begin as hulle ’n passie daarvoor het, en sy glo dit sal ’n sukses wees as hard gewerk en goed beplan word.
Sy het ook gesê dat sigbare ontwikkeling op Tsumeb plaasgevind het, maar dat baie nog gedoen moet word.
Oor die fees self het Gaeseb gesê alle oornaggeriewe op die dorp was tydens die geleentheid vol bespreek, en uitstallers van Angola, Zambië, Suid-Afrika en Zimbabwe het hul ware op die dorp vertoon.
Op die vermaaklikheidsfront het The Dogg, Exit, Ndilimani, Cult, Wild Dogs en die meisiegroep, Vanetti, gaste op hul voete gehad, terwyl Mej. Koper 2014 ook deur die loop van die fees gekies is.
Gaeseb sê die feeskomitee het vanjaar baie moeite gedoen om feesgangers veilig te hou. Polisie in uniforms en private klere het feesgronde beman en burgerwaggroepe het die polisie ondersteun.
Gaeseb het gesê die komitee is deur die feesgangers gevra of hulle die fees met ’n paar dae kan verleng en dié versoek sal oorweeg word.
Hy het gesê die finale berekeninge word nog gedoen en finansiële verslae sal binnekort beskikbaar wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie