Kopers dok op vir erfenishuise
Erfenishuise in Suid-Afrika bly gesog onder huiskopers wat bereid is om ’n premie vir ’n sjarmante blyplek uit ’n vervloë era op te dok. Vergeleke met ’n “gewone” huis in dieselfde woonbuurt kan die premie enigiets van tussen 10% en 30% beloop, volgens eiendomsagente wat historiese huise verkoop.
Elma Kloppers
Erfenishuise is eiendomsjuwele en val in enige smaak en prysklas. Daar is van Kaaps-Hollandse herehuise met gewels en strooidakke tot ornate Victoriaanse en Georgiaanse villas en interessante huise in die art nouveau-styl.
“Of die eiendom ten volle gerestoureer is of smag na ’n tikkie liefde, die romantiek van ’n ou huis bly ’n groot trekpleister,” sê Richard Day, Pam Golding Properties (PGP) se nasionale hoofbestuurder.
Hy sê die wonings beskik oor talle aantreklike eienskappe, onder meer dat hulle sentraal en in boomryke omgewings op groot erwe geleë is, goed gebou is met dik mure en houtvloere, en dat daar in die fynste besonderhede aandag aan vakmanskap geskenk is.
“Dit is dikwels dié eienskappe wat die premie in die prys tot gevolg het, selfs nog meer as die historiese waarde en belang.”
Sir Herbert Baker-huis in Constantia
PGP bemark tans ’n droom van ’n erfeniseiendom teen R32 miljoen in Constantia in Kaapstad. Dié herehuis is deur sir Herbert Baker ontwerp en in 1937 gebou.
In die hoofhuis en die kothuis is sewe slaapkamers met en suite-badkamers. Die eksklusiewe huis het hoë plafonne, houtvloere en omvattende leefareas. Dit is op ’n sekerheidslandgoed met slegs agt huise.
Arie Kadé, PGP se gebiedsdeskundige in Constantia, sê historiese wonings lok ’n premie omdat hulle aantreklik is vir kopers wat van ’n stukkie geskiedenis en die kultuur van ’n vervloë era hou.
“Hulle het boonop die toets van die tyd deurstaan.”
Victoriaanse villa in Wynberg
In Wynberg in Kaapstad is ’n Victoriaanse villa, wat in 1860 deur die bekende De Villiers-pioniersfamilie gebou is, in die mark vir R28 miljoen.
Volgens Ann Broderick en Caro Hodges van Re/Max Elite, wat die eiendom bemark, het dit ’n ryk geskiedenis en die Portugese ambassade het dit in ’n stadium besit.
“Die huis is noukeurig gerestoureer met groot sensitiwiteit vir die oorspronklike eienskappe soos die hoë plafonne, die kroonlyste en die Kaapse oregonvloere,” sê Broderick.
Die huis het vyf slaapkamers en is op ’n erf van 3 077 m².
Charles Haigh, eienaar van Re/Max Elite, sê pragtige wonings is in die Victoriaanse era van 1837 tot 1901 gebou. “Talle van die huise staan steeds vandag, maar dit is dikwels nie ten volle gerestoureer nie en dit is ongewoon om hulle in die mark te sien.”
Kliphuis in Parktown
In Parktown in Johannesburg bemark PGP ’n pragtige historiese kliphuis wat uit 1904 dateer.
Hierdie herehuis is deur die argitek Ernest Sloper ontwerp, sir Herbert Baker se eerste vennoot in Johannesburg.
Die huis is noukeurig gerestoureer en die meeste van die oorspronklike klassieke kenmerke het behoue gebly, onder meer die houtvloere en muurpanele, die kaggels en die loodglasvensters.
Dit het ook verruklike tuine met terrasse wat op Johannesburg uitkyk, asook ’n kothuis.
Kimberly Dods, PGP se agent wat in Parktown en Westcliff sake doen, sê ’n erfenishuis kom met die verantwoordelikheid om die erfenis van die eiendomme te bewaar. Die huise bly gesog onder vername kopers wat ’n stukkie van die Goudstad se geskiedenis wil besit, sê sy.
Grasdakwoning in Tulbagh
In Tulbagh in die Wes-Kaap is huiskopers bereid om tussen 10% en 20% meer vir ’n historiese eiendom op te dok, sê Nelia Retief, eiendomsagent vir Seeff Tulbagh.
Dié huise kom egter nie dikwels in die mark nie. Seeff Tulbagh het tans ’n huis wat uit 1930 dateer en vir R2,495 miljoen in die mark is.
Hierdie grasdakwoning in die Brits-koloniale boustyl is op ’n dubbelerf met panoramiese uitsigte op die berge. Dit het vier slaapkamers, waarvan drie en suite-badkamers het en daar is vyf motorhuise.
Pickard House in die Paarl
Clive Hartman, agent vir Seeff Paarl, sê in die Paarl is gereeld historiese huise te koop, wat sowat 30% meer as ’n gewone huis kos.
“Die premie sluit gewoonlik restourasie in.”
Hy bemark nou die statige Pickard House, wat uit die laat 1700’s dateer, teen R3,3 miljoen. In die 1800’s was dit ’n enkelverdiepinghuis, maar in die 1900’s het dit nog ’n verdieping bygekry en ’n dubbelmotorhuis is bygevoeg. Die huis met vyf slaapkamers het die oorspronklike kurkvloere en skuifraamvensters met oregonhortjies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie