Kopiereg vir plaaslike inhoud ondersoek
Die kunsministerie en Bipa wil die toepaslike wetgewing hersien en moderniseer as deel van hul pogings om plaaslike inhoud te bevorder.
Augetto Graig – Kopiereg en plaaslike inhoud word verbind in die nuutste ingryping van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa).
Die ministerie en Bipa wil die toepaslike kopieregwetgewing hersien en moderniseer as deel van hul pogings om plaaslike inhoud te bevorder.
Namibië se merkwaardige geskiedenis, verskillende kulture en kreatiewe bevolkings skep baie onbenutte geleenthede, wat op sy beurt gekniehalter word deur te min wetgewing en ’n handelsbeleid wat nie voorsiening vir die winsinvordering veral van digitale ruimte soos die internet maak nie.
Namibië is deur die Europese Unie en die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) as een van die eerste lande gekies om sy inisiatief om nuwe regulerende raamwerke uit te voer om kultuur, kuns en kreatiewe bedrywe te bevorder.
Spesifiek moet maatreëls vir die vervaardiging van plaaslike inhoud ontwerp word en ’n nuwe wetsontwerp vir kopiereg wat digitale kommunikasie insluit, moet saamgestel word.
Namibië gebruik steeds die Kopieregwet van 1994.
Verder los dit ’n gaping vir ’n gebrek aan regulering van aanlyn radiostasies in Namibië.
Volgens me. M’kariko Amagulu, direkteur van kuns in die ministerie, neem hierdie wet verskeie kunsvorme glad nie in ag nie, en is dit verouderd veral ten opsig van inhoud op die internet.
Selfs die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek (Nascam) moes by ’n Suid-Afrikaanse organisasie aansluit om die gebruik van Namibiese musiek op die internet op te spoor en vergoeding daarvoor te kry.
Laas jaar het Nascam vir die eerste keer geld só ingesamel, volgens Amagulu.
Sy sê Namibië benodig meer organisasies soos Nascam om inhoud te bestuur, of dalk een oorkoepelende liggaam om te verseker kleiner kunsvorme soos choreografie word ook ingesluit.
Intellektuele eiendomsregkonsultant, me. Frieda Omagano, het by die geleentheid bevestig min kopieregsake dien voor Namibiese howe, ten spyte daarvan dat die beskerming van kopieregte die eienaar se verantwoordelikheid is. Die eienaar moet die hof nader in geval van die skending van regte.
“In my ervaring tussen 2015 en 2018 het geen soortgelyke sake voor Namibiese howe gedien nie. My navorsing het ook net een of twee aangemelde sake gevind. Deel van die ontmoediging is die stadige voltooiing van hofsake en ook die onkunde van skeppers wat nie weet van beskikbare opsies nie. Nie baie sake maak dit tot in die hof nie, en nog minder kry hulle wat hulle toekom,” het sy uitgebrei.
Die agterstand van sake in Namibiese howe plaas druk op die beskikbaarheid van regters om uitsprake oor kopieregsake te lewer, voeg sy by. Die 1994-wet maak voorsiening vir kopieregtribunale waaroor hoërhofregters voorsitters sou wees, maar dit het nooit gebeur nie. Omagano stel voor die nuwe wetgewing laat landdroste toe om hierdie funksie te verrig.
’n Bekende Namibiese fotograaf mnr. Dirk Heinrich noem ook die hoë koste verbonde aan enige poging van ’n plaaslike skepper wat sy regte tot sy werk wil beskerm.
“Ek het verskeie sake gehad en die prokureurs het gesê ek sou wen, maar die waarde van enige regsbevel in my guns sou nie eens die prokureursfooie dek nie. Almal trek eise terug omdat hulle nie die regskoste kan bekostig nie. Ek het ook ’n saak in Suid-Afrika gehad wat vyf jaar geduur het, voor ons ’n skikking buite die hof bereik het. Ons kunstenaars moet eintlik daarvoor gaan en finansiering iewers kry om net een hofsaak deur te druk,” meen hy.
Volgens mnr. Nashilongweshipwe Jacques Muushandja, ’n nasionale kunskenner wat met die projek help, skop die reeks konsultasievergaderings vandag in Gobabis af.
Môre sal kreatiewe skeppers in die hoofstad geraadpleeg word en vanaf volgende week word soortgelyk byeenkomste oraloor die land beplan. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie