Kopkrap oor Afrika-pikkewyne vrek
Kopkrap oor Afrika-pikkewyne vrek

Kopkrap oor Afrika-pikkewyne vrek

Tanja Bause
Tanja Bause - Sondag is Wêreldpikkewynbewustheidsdag gevier, maar in Namibië is daar geen rede vir sodanige vieringe nie.

Die bevolking Afrika-pikkewyne op Halifax-eiland by Lüderitz het binne een maand met meer as 200 volwasse voëls verminder.

Volgens dr. Jessica Kemper, ’n pikkewynkenner en navorser, is die eerste dooie voëls middel Desember ontdek.

“Ons het verlede week Donderdag steeds dooie pikkewyne opgetel en ons vind daagliks nóg wat gesterf het. Hulle lê op Halifax en in die see om die eiland, en spoel op strande oorkant Halifax uit,” het sy gesê.

“Ons is heeltemal in die duister oor wat die oorsaak van dié vrektes is. Maar dit raak net volwasse Afrika-pikkewyne op Halifax. Die kuikens en ander voëlspesies is nie geraak nie. Die seemeeue wat die dooie pikkewyne vreet, makeer niks nie,” het sy gesê.

Halifax is die tuiste van die tweede grootste bevolking van die bedreigde Afrika-pikkewyn in Namibië. Mercury-eiland het die grootste bevolking en is sowat 90 km van Lüderitz af geleë.

“Ons hoop daar is geen vrektes op Mercury nie.”

Possession- en Ichaboe-eiland se kolonies is ook glad nie deur die vrektes geraak nie.

“Ons het vier baie swak volwasse pikkewyne gevang, maar hulle het ook gevrek,” het Kemper gesê.

Verskeie monsters, asook die organe van vier pikkewyne is vir toetse Windhoek toe gestuur.

“Ons wag nog op terugvoering vanuit Windhoek en hopelik bied dit antwoorde oor wat die oorsaak is. Ons werk ook nou saam met kenners van die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls (Sanccob) in Kaapstad,” het sy gesê.

Die kuikens wat nie geraak is nie kom nou van honger om.

“Ongelukkig het ons nie die vermoë om na die kuikens te kyk nie. Dié wie se ouers gevrek het, sal nou ongelukkig van honger vrek. Dit is ’n ramp.”

Volgens Kemper neem die getal Afrika-pikkewyne wêreldwyd af, ten spyte daarvan dat die getalle op Halifax in die laaste 15 jaar verdriedubbel het.

“Met die laaste geskatte getalle van so drie tot vier jaar gelede was daar omtrent 7 000 volwasse en 1 000 jeugdige Afrika-pikkewyne op Halifax,” lui ’n boodskap op Lüderitz Marine Research se Facebook-bladsy.

“Ons sien hoe dekades van bewaringspogings en rehabilitasiewerk voor ons oë verdwyn,” word op dié bladsy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!