Koppe gaan rol oor bomme in Sri Lanka
'n Ontploffing is vroeg Woensdagoggend by 'n rolprentteater in Sri Lanka se hoofstad, Colombo, gehoor, berig Sky News.
Dié ontploffing was naby die Savoy-teater in Colombo.
Sky News berig die polisie het 'n beheerde ontploffing op 'n verdagte motorfiets uitgevoer.
Selfmoordbomaanvallers het op 21 April agt aanvalle by kerke en hotelle in dié stad uitgevoer.
Minstens 359 mense is in die aanvalle dood.
Die Islamitiese Staat (Isis) het Dinsdag aanspreeklikheid aanvaar, hoewel die terreurgroep nog geen bewyse van sy betrokkenheid gelewer het nie.
INTELLIGENSIEVERSLAG
Maithripala Sirisena, premier van Sri Lanka, het glo sy polisiehoof en minister van verdediging gevra om te bedank. Sirisena het onderneem om streng op te tree, nadat dit aan die lig gekom het dat Sri Lanka gewaarsku is oor moontlike aanvalle.
“Ek gaan die polisie- en veiligheidsdienste in die komende weke heeltemal herstruktureer. Diegene aan die stuur van verdedigingstrukture sal binne 24 uur vervang word,” het Sirisena in 'n televisie-onderhoud gesê.
“Die veiligheidsamptenare wat die intelligensieverslag van 'n ander land gekry het, het dit nie onder my aandag gebring nie. Gepaste stappe sou gedoen word (indien dit onder my aandag gebring is). Ek het daarom besluit om streng stappe teen die betrokke amptenare te doen.”
Die inligting is glo deur die Indiese regering by 'n Isis-verdagte in aanhouding tydens ondervraging bekom, berig CNN.
Meer as 100 mense is teen Woensdagoggend in hegtenis geneem, luidens die ministerie van verdediging.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie