Koppel versus ontkoppel
Die debat oor die koppeling van die Namibiese dollar aan die Suid-Afrikaanse rand, wat die naweek opnuut vlam gevat het ná finansminister Calle Schlettwein in New York gesê het die regering weeg die voor- en nadele van dié ooreenkoms op, is nie nuut nie.
Dat Namibië as lid van die Gemeenskaplike Monetêre Area (CMA) plek-plek gekortwiek word, is so. Ons boet ‘n onafhanklike monetêre beleid in. Wanneer die Bank of Namibia (BoN) oor sy repokoers besin, weeg die behoud van die een-tot-een koppeling aan die rand die swaarste sodat prysbestendigheid verseker word.
Bewegings in Namibië se repokoers volg dié van Suid-Afrika bykans slaafs. Ons durf nie té veel daarvan afwyk nie, want ons moet keer dat nóg meer kapitaal na die buurland uitvloei op soek na gunstiger rentekoerse, is dikwels die BoN se verduideliking.
Aan die positiewe kant kan die prysbestendigheid wat die koppeling aan die rand verseker, egter nie oorbeklemtoon word nie.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) gebruik sy repokoers – en gevolglik prima uitleenkoerse – om te sorg dat inflasie nie handuit ruk nie. Suid-Afrika is by verre Namibië se vernaamste invoermark. Koppeling aan die rand verseker die prysmonster word ook plaaslik in toom gehou – anders as buurlande soos Angola en Zimbabwe wat met dubbelsyferinflasie moet huishou.
Beheer oor inflasie beteken sakevertroue en sakevertroue bevorder groei.
Die BoN en die ministerie van finansies is dit reeds jare lank eens die voordele wat Namibië as ‘n klein, oop ekonomie uit die koppeling met die rand trek, is veel groter as die prys wat die land moet betaal.
Kommentaar: Beeld sê
Soos ’n vasgeparkeerde motor wat nie kan vorentoe of agtertoe nie. Dít is die situasie waarin Brittanje letterlik is met die gevolge van die pro-Brexit besluit.
Die harde waarheid is ook dat dit nie help om politici dié keer die groot sondaars te maak nie. Die Britte het net hulself te blameer. En gaan veral, as daar sonder ’n ooreenkoms onttrek word, swaarder leef en die wrange vrugte pluk van hul besluit.
Dít omdat hulle vir die verkeerde redes ten gunste van ’n onttrekking uit die Europese Unie (EU) gestem het. Daar was ’n – heel verstaanbare – keelvolheid vir ekonomiese en politieke wanbestuur.
Ook vooraanstaande konserwatiewes, met die subteks dat daar nie meer rasionele denke in die Withuis is nie.
In Brittanje is parlementslede van alle partye boonop uitgevang dat hulle kiesafdelingstoelaes misbruik vir die verbetering van private eiendom.
Dit alles is vererger deur die instroming van immigrante – wettig en onwettig – waarvan die gevolge baie swak bestuur is in Brittanje, soos in die meeste lande wêreldwyd. Landsburgers voel bedreig deur immigrante vir mededinging om skaars bronne soos werk, asook om veiligheidsredes.
Voeg daarby beskikbare statistieke oor die duur prys wat EU-lidmaatskap die Britte wel gekos het en ’n opbouende frustrasie was die stemming die geleentheid om wraak te neem. Maar om een van hul eie uitdrukkings te gebruik, was dit ’n daad van “to cut your nose to spoil your face”.
Weens dieselfde frustrasies het ’n deel van die Amerikaanse bevolking, wat ekonomies baie swaar kry, vir Donald Trump ingestem as president. Hoewel dit wat hy probeer deurvoer heeltemal in ooreenstemming met sy verkiesingsbeloftes is, verlaat al hoe meer ampsdraers sy skip. Ook vooraanstaande konserwatiewes, met die subteks dat daar nie meer rasionele denke in die Withuis is nie.
Ook in Suid-Afrika is hier groot uitdagings wat aangepak moet word vir groter ekonomiese groei en beter dienslewering. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie