Kora-masjien loop weer
Kora-masjien loop weer

Kora-masjien loop weer

Augetto Graig
Augetto Graig



Namibië se gekrenkte trots het nog nie herstel van die fiasko waarop die Kora Afrika-musiektoekennings uitgeloop het nie, of 'n nuwe geleentheid is aangekondig.

Mnr. Ernest Adjovi, Kora-baas, het verlede week dié aankondiging gedoen.

Op Kora se webtuiste en sosiale media werwe, insluitend Facebook, moedig Adjovi Afrika se musiekliefhebbers aan om vir musikante te stem wat hulle aan 2017 se toekenningsgeleentheid wil sien deelneem.

Hy het laas jaar “verdwyn” na die beroemde kompetisie eers uitgestel is, en later glad nie in Namibië plaasgevind het nie. In die proses is hy weg met byna N$24 miljoen wat die Namibiese Toerismeraad (NTB) vir die geleentheid beskikbaar gestel het.

Staatsaanklaers wend steeds pogings aan om die geld terug te kry. Volgens berig moet die verpligte arbitrasie-­beslissing teen 26 Januarie gemaak word.

Maar die Kora-masjien loop weer. Van die musikante wat die jaar sal deelneem, is reeds aangekondig. Kora se Facebook-blad spog met 1,3 miljoen volgelinge, en aspirantmusikante dwarsoor die hele vasteland gebruik Kora se naam vir promosie-doeleindes.

Vorige wenners van Kora-toekennings, soos die Nigeriese groep P-Square wat in 2010 US$1 miljoen moes insamel, het nooit hul prysgeld ontvang nie. In 2008-'09 het twee Nigeriese streke gesamentlik US$10 miljoen betaal om gasheer te wees vir die toekenningsgeleentheid, wat toe eindelik in Ouagadougou, Burkina Faso, plaasgevind het.

Sedert die bekendstelling van die Koras in 1996 was die geleentheid onvoorspelbaar, en of dit enigsins hierdie jaar sal plaasvind, bly 'n raaisel. Die datum en gasheerland vir die 2017-toekennings is nog nie bekend nie. Vir hierdie jaar se geleentheid is nog geen Namibiese musikante aangekondig nie. In Adjovi se Nuwejaarsboodskap op Kora se webwerf sê hy musikante kan tot 10 Januarie die werf verniet vir advertensie-doeleindes gebruik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!