Korrektiewe Dienste begin immuniseringsveldtog teen Covid-19
Die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) het vandag sy Covid-19-immuniseringsveldtog by die sentrale gevangenis in Windhoek afgeskop. Onder die eerste mense wat ingeënt is, was die kommissaris-generaal van die NCS, Raphael T Haumenyela, wat 'n dosis Sinopharm ontvang het.
Beamptes sowel as manlike en vroulike gevangenes tussen die ouderdomme van 18 tot 59 jaar, het Sinopharm of Covishield/AstraZeneca ontvang. Die immuniseringsveldtog gaan ook na ander gevangenisse oraloor in die land uitgebrei word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie