Korrelwerk by Henties was moeilik

Jaggeweerskiet
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het sy eerste streekkompetisie vir die nuwe seisoen laas Vrydag naby Hentiesbaai in die Omarururivier aangebied.

Die bedrieglike terrein, winderige weer en immerteenwoordige lugspieëlings in die woestyn het sake baie uitdagend gemaak vir die 115 skuts wat ingeskryf het.

Ses afsonderlike skietbane is uitgelê (twee met ghong-teikens en vier met lewensgrootte teikens in die vorm van verskillende diere), waarop skuts ’n maksimum van 900 punte (150 per baan) kon behaal.

Die verskillende klaswenners was soos volg:

Penkoppe: 1 Dawid du Toit, 2 Vincent Maresch, 3 Daniel du Toit.

Juniors: 1 Hanre Cocklin, 2 Beatrix Marais.

Veterane: 1 Francois Blaauw, 2 Francois Strauss, 3 JWF Kannemeyer.

Seniors: 1 WP Barnard senior, 2 Hento Maritz, 3 Johannes Gert van der Wath.

Vroue: 1 Franzelle van der Wath, 2 Karola Marais, 3 Silke Grobler.

Mans: 1 Andries van Wyk Herbert, 2 Hermanus du Toit, 3 Ferdinand Schnaitmann.

Bronsklas: 1 Alwyn Jooste, 2 Paolo Marco van der Hoven, 3 Hento Maritz.

Silwerklas: 1 Andries van Wyk Herbert, 2 Pieter Jacobus Horst Maresch, 3 Bradley Jarman.

Goue klas: 1 Hermanus du Toit, 2 Ferdinand Schnaitmann, 3 Stephanus Francois Marais junior.

Algehele topdrie: 1 Andries van Wyk Herbert, 2 Hermanus du Toit, 3 Ferdinand Schnaitmann.

222/ 223-klas: 1 Stephanus Francois Marais junior, 2 Strydom (Lollie) van der Wath, 3 Tabby Barnard

Die organiseerders bedank Double Barrel wat die pryse vir skuts in die Penkoppe- en junior klasse geborg het.

• Die Jaggeweerskietvereniging se volgende kompetisie in die 2022-reeks is op 18 en 19 Maart by Sossusvlei Lodge.

FOTO’s

Andries Herbert en Marius Viljoen op die skietbaan by Hentiesbaai.

Mnr. Francois Marais senior (NHRSA-president) saam met Hanre Cocklin en Beatrix Marais.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!