Korrupsie gaan draai by Staatshuis

'n Sakeman het einde verlede week 'n petisie met 11 775 handtekeninge aan pres. Hage
Denver Kisting
Denver Kisting – Die sakeman mnr. Brian Black sê alle Namibiërs het ’n verantwoordelikheid om die euwel van korrupsie hok te slaan.

Black is een van die mense wat hom sterk uitspreek oor die verdwene miljoene van die regering se pensioenfonds (GIPF) etlike jare gelede.

Dit het hom genoop om ’n aanlyn petisie te begin vir ’n hoëvlak ingryping in dié skandaal.

Hy het verlede Donderdagmiddag die petisie, wat 11 775 handtekeninge van besorgde Namibiërs bevat, aan pres. Hage Geingob by Staatshuis oorhandig.

Die media is net toegelaat om ’n foto te neem voor die gesprek tussen Black en ’n afvaardiging agter geslote deure met die president en van sy raadgewers plaasgevind het.

Hulle was langer as ’n uur agter toe deure besig.

Ná die tyd het Black aan die media gesê Geingob het benadruk dat die uitvoerende gesag ingevolge die Grondwet nie by die werksaamhede van die regbank mag inmeng nie.

Hy was egter tevrede met die ontvangs deur die staatshoof en hoop daar sal voortaan sterker teen korrupsie standpunt ingeneem en daadwerlike stappe gedoen word.

Die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, het ’n paar maande gelede onthul net een mens word in dié stadium vervolg weens die GIPF-sage.

Sy was sedertdien in die spervuur omdat sy beweer het die ondersoek is gekortwiek weens ’n gebrek aan dokumentasie en omdat mense wat moet lig werp op die saak se geheue hulle in die steek laat, ander dood is en van hulle van werk verander het.

Dít hoewel sy te kenne gegee het die polisieondersoek is deurlopend in oorleg met aanklaers van haar kantoor behartig.

Die GIPF het toe by monde van sy uitvoerende hoof, mnr. David Nuyoma, gesê hulle het hul samewerking met die owerhede gegee en alle dokumentasie beskikbaar gestel.

Hierop het Imalwa aan Republikein onderneem sy sou weer met die GIPF-bestuur in gesprek tree en kan opnuut die saak laat ondersoek.

Of dit intussen gebeur het en enigiets opgelewer het, swyg Imalwa en Nujoma ondanks die koerant se navrae in daardie verband.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!