‘Korrupsie moenie ons toekoms bedreig’
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ’n beroep op Namibiërs gedoen om teen korrupsie op te tree.
Augetto Graig - Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het ’n beroep op Namibiërs gedoen om teen korrupsie op te tree.
In ’n verklaring sê die IPPR se uitvoerende direkteur, mnr. Graham Hopwood: “Dit is nou die tyd om op te hou aan korrupsie dink as net nog ’n manier om vinnig ryk te word ten koste van die ontwikkeling van die nasie en om nee te sê vir hierdie misdaad.”
Hy sê onlangse onthullings soos die #FishRot-skandaal moet vir Namibië se beleidsmakers en die gemeenskap wakker laat skrik.
“Namibiërs moet weier om deel te neem aan aktiwiteite wat nie wettig en deursigtig is nie. Dit is tyd dat praktyke sonder enige verdraagsaamheid teenoor korrupsie afgedwing word."
Die navorser het president Hage Geingob aangeraai om spesifieke stappe te doen om sy openbare standpunt oor korrupsie in die regering en die regerende party, Swapo, gestand te doen.
“Dié optrede sal die proses, stelsels en instansies versterk waarna die president dikwels verwys,” volgens Hopwood.
Hy sê voorts alle lede wat aan korrupsie skuldig bevind is, moet van die partylys verwyder word.
’n Ondersoek moet ook gelas word na die toekenning van visvangkwotas en moet deur ’n regter of senior advokaat gelei word.
Ministers se bateverklarings moet in die openbaar vrygestel word en wetgewing om fluitjieblasers te beskerm, moet toegepas word, het hy gesê.
Daar moet ’n register van mense in beheer van maatskappye in mynbou, olie, gas, visserye en alle onttrekkingsbedrywe opgestel word.
Namibië moet volgens Hopwood by die ontginningsbedryf-deursigtigheidsinisiatief (EITI) aansluit om wêreldstandaarde vir goeie bestuur te handhaaf.
Hopwood stel ook voor dat wêreldklastoegang tot inligtingswetgewing binnekort in die parlement voorgelê word en dat Geingob weer ’n openbare bateverklaring, soos in 2015, vrystel.
Op 9 Desember is die sestiende herdenking van Wêreld- Teenkorrupsiedag gevier. Die dag word sedert 2003 deur die Verenigde Nasies se Konvensie teen Korrupsie (UNCAC) wêreldwyd herdenk.
Mnr. Yury Fedotov, die uitvoerende direkteur van die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelms en Misdaad (UNODC), het in sy boodskap gesê: "Ons kan nie bekostig dat korrupsie ons toekoms bedreig nie. Ons moet verenig teen korrupsie en vir geregtigheid staan. As ons die oppergesag van die reg beskerm, vergroot ons die kans dat almal welvaart in ons samelewing kan geniet.”
In Windhoek het Namibiërs ’n optog na die hoofkantoor van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) gehou. Op 10 Desember is ’n massaoptog op Walvisbaai gehou, met ’n groot skare wat slagspreuke soos ‘Weg met korrupsie, weg’ gedreunsing het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie