Korrupsie nie met verlof
Grensoorstekers word teen ’n verneukery met versekering gewaarsku.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) waarsku reisigers wat veral van die Ngoma-grenspos tussen Namibië en Botswana gebruik maak om nie ’n rat voor die oë gedraai te word deur ’n onderneming genaamd OKM Brokerage CC nie.
Dié onderneming het glo kennisgewings op regeringsgeboue by die grenspos aangebring wat die drywers van buitelandse voertuie van grensverskeringstariewe verwittig.
Die tariewe beloop N$145 vir motorfietse en N$675 vir ekstra swaar vragmotors.
Hiervolgens is die tariewe betaalbaar volgens wetgewing van die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling wat in die Staatskoerant gepubliseer is.
Die wet ter sprake is glo Wet 4460 van April 2010. ’n Posadres en e-posadres word ook verskaf.
Volgens die ACC is dit pure bedrog.
Die kommissie sê geen sulke tariewe is betaalbaar of verpligtend nie, en slagoffers hiervan moet dit dadelik aan die polisie rapporteer, of by die Ngoma-polisiekantoor aanmeld.
Die koördineerder vir die Zambezistreek is ook beskikbaar by 081 271 2994.
Volgens die ACC se verklaring word ’n bestaande saak van bedrog word reeds deur die Namibiese polisie ondersoek.
Die kommissie het ook onlangs besonderhede oor vordering met korrupsiesake in nasionale belang verstrek.
’n Saak oor die onwettige toekenning van ’n plaaseenheid aan twee kabinetsministers se familielede lê al sedert 15 September by die aanklaer-generaal se kantoor waar dit op me. Martha Imalwa se besluit oor die aankla van die beskuldigdes wag.
Nog ’n saak, wat op 29 September na Imalwa se kantoor verwys is, betrek ’n kabinetsminister wat huise van die regering se massabehuisingsprojek na bewering aan familielede oorhandig het.
Twee ander sake behels sewe bokse met 70 argieflêers wat op 3 November by die aanklaer-generaal se kantoor afgelewer is.
Hierdie ondersoek is na beweerde korrupsie by die Namibiese Lughawe-owerheid (NAC), wat personeel en 'n lid van die vorige direksie van dié staatsmaatskappy insluit, sê die ACC.
Die NAC is ook betrokke by ’n saak wat op 14 November onder die aanklaer-generaal se aandag gebring is.
In dié saak word die eienaar van ’n privaat maatskappy saam met die eienaar van ’n plaaslike doeaneklaringsmaatskappy ondersoek.
Dié twee eienaars het na bewering bedrog gepleeg deur die waarde van skandeermasjiene verkeerd aan die lughawe-owerheid te verklaar.
Die verdagtes het die waarde na bewering verkeerdelik as N$1,95 miljoen voorgestel en dus N$323 249 se BTW daarop betaal.
Die werklike waarde was N$23 miljoen, wat 'n BTW-betaling van N$3,8 miljoen sou regverdig, sê die ACC.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie