Kort nuus
Kort nuus

Kort nuus

Jacqueline Louw
Johannesburg
Droogtesorge nog lank nie verby
Suid-Afrikaanse verbruikers staar verdere moeilike tye in 2016 in die gesig weens die droogte en die effek van ’n dreigende afgradering, maar 2017 mag egter ’n mate van verligting bring.
FNB se hoofekonoom, Sizwe Nxedlana, het Fin24 meegedeel dat verbruikers “die impak van die droogte toenemend sal waarneem – byvoorbeeld op voedselinflasie”.
“Ek dink dat verbruikersvertroue besondere lae vlakke hierdie jaar sal bereik”, het hy gesê. “Maar deur die loop van volgende jaar behoort ons ’n verbetering waar te neem.”
Nadat die verbruikersvertroue-indeks (CCI) met 5 indekspunte in die derde kwartaal van 2015 tot -14 in die vierde kwartaal geval het, het dit verlore veld gewen en tot -9 in die eerste helfte van 2016 gestyg, het die FNB/BER-indeks verlede Dinsdag aan die lig gebring.
Die huidige verandering in die El Niño-weerpatroon (wat vir die droogte verantwoordelik is) na ’n La Niña-weerpatroon (wat meer reën tot gevolg kan hê) “behoort verhoogde voedselverskaffing tot gevolg te hê”, het Nxedlana aangevoer. “Die positiewe effek op verbruikers sal heel waarskynlik egter eers in 2017 ondervind word.” - News24


Kaïro
Agt polisiemanne sterf in Egipte
Gewapende aanvallers het vroeg gisteroggend losgebrand op ’n mikrobus waarin polisie-offisiere in gewone drag gereis het en agt van hulle doodgeskiet.
Volgens Egipte se staatsnuusagentskap was die polisie besig om die veiligheid in die woonbuurt Helwan suid van Kaïro te inspekteer toe vier gewapende mans in ’n bakkie op hulle begin skiet het.
Die minister van binnelandse sake, Magdy Abdel-Ghaffar, het gelas dat ’n ondersoek na die voorval ingestel word en na die agt gestorwenes verwys as “helde van die polisiemartelaars wat hul lewe vir die veiligheid van die land en die mense opgeoffer het”.
Oproermakers het sedert die militêre omverwerping van Islamitiese president Mohammed Morsi in 2013 ’n vlaag aanvalle op Egiptiese sekuriteitsmagte gedoen. Die aanvalle is hoofsaaklik gefokus op die Sinai-skiereiland, waar ’n geaffilieerde tak van die Islamitiese Staat gevestig is, maar militante het ook die vasteland, insluitende die hoofstad, geteiken.
Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.- News24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!