Kort nuus
Okahandja
Minderjariges vas oor moord
Mnr. Erastus Haitete (41) het Saterdag omstreeks 00:40 by die Ehafo-kamp gesterf nadat hy met 'n skerp voorwerp in sy nek en rug gesteek is. "Die man het glo buitentoe gegaan om te urineer toe hy aangeval is. Hy het aan sy wonde beswyk en is by sy voordeur gevind," sê die polisie. Drie verdagtes van 14, 16 en 18 jaar oud is in hegtenis geneem en sal in die hof verskyn.
Arandis
Chinees op Husab-myn beroof
'n Chinese burger is gister tussen 02:00 en 04:00 by die Husab-myn, sowat 60 km oos van Swakopmund, vasgebind en N$50 000 kontant beroof. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die geld nog nie gevind nie en niemand is in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.
Katutura
Gewapende rooftog by skrootwerf
'n Gewapende rooftog het gister omstreeks 06:30 by die CNZ-skrootwerf in die noordelike nywerheidsgebied in Windhoek plaasgevind.
"Die slagoffer, mnr. Johny Machechic, is na bewering met 'n vuurwapen aangehou en teen 'n voertuig vasgedruk. Sy arms is met kleeflint vasgebind en sy mond is toegeplak," sê die polisie. Die drie verdagtes het glo toegang tot die perseel gekry deur oor die heining te spring. Volgens die polisie is die slagoffer van sy voertuig, N$100 000, 'n skootrekenaar en 'n sak met persoonlike dokumente beroof. "Die voertuig is by 'n sokkerveld langs die Hakahana-vulstasie gevind en niemand is al in hegtenis geneem nie," sê die polisie. Die saak word ondersoek.
Kongola
Diefstal uit voertuig
Goedere ter waarde van N$26 658 is Maandagnag uit 'n voertuig by Namushasha Lodge gesteel. Volgens die polisie het die eienaar nie sy voertuig gesluit nie. Die goedere is nog nie gevind nie en niemand is in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie