Kort nuus
Nampol-rekrute se opleiding skop af
Die Namibiese polisie is verplig om personeel te werf en op te lei sodat hulle hul werk kan doen.
Dít volgens die minister van veiligheid en sekuriteit, mnr. Charles Namoloh, by die amptelike afskop van 707 kadetkonstabels se opleiding by die Ruben Danger Ashipala-opleidingsentrum op Ondangwa in die Oshanastreek.
Die opleiding sal oor ’n tydperk van 12 maande plaasvind, anders as in die verlede toe rekrute net drie of ses maande se opleiding ontvang het.
Sedert 2015 is geen opleiding weens finansiële beperkings aangebied nie.
“Die huidige opleiding sal 12 maande duur om te verseker die kadetkonstabels word met die nodige kennis en vaardighede toegerus om die mag se verpligtinge behoorlik uit te voer,” het hy gesê.
Namoloh het ’n beroep op die rekrute gedoen om gedissiplineerd te wees en nie net vir ’n salaris te werk nie.
Hy het ook gesê die rekrute kan hulself gelukkig ag om die opleiding te ontvang, en het bygevoeg meer as N$2 miljoen is aan die kursus bestee.
Aanlyn omgewingsklaringsertifikate
Volgens die ministerie van die omgewing en toerisme het aansoeke vir omgewingsklaringsertifikate met 30% gedurende die 2018-’19-boekjaar, in vergelyking met die vorige finansiële jaar, toegeneem.
Altesaam 853 aansoeke is ontvang.
Minister Pohamba Shifeta het tydens die bekendstelling van die aanlyn aansoekstelsel gesê sy ministerie het die stelsel ontwikkel om die toenemende vraag na sertifikate doeltreffender te kan hanteer.
Voorheen het die ministerie die sertifikaat binne drie maande uitgereik, maar nou kan dit binne ’n maand plaasvind.
“Ons glo dié stelsel is meer deursigtig en gebruikersvriendelik as die bestaande een,” het Shifeta gesê.
Die minister het gesê die stelsel bevorder toeganklikheid omdat dit kliënte van buite Windhoek in staat stel om hul aansoeke aanlyn in te dien en die vordering dop te hou eerder as om vir voorleggings na die hoofstad te moet reis.
Hy sê die stelsel sal die oordra en hernuwing van sertifikate moontlik maak. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie