Kort Nuus
Vlugroete heringestel
Air Namibia se Windhoek-Luanda-roete is van gister af weer ingestel. Passasiers en vrag sal vervoer word om handel binne Afrika te bevorder, en die herinstelling strook ook met bestaande bilaterale lugdiensooreenkomste.
Mnr. Wimpie van Vuuren, waarnemende hoofbestuurder vir kommersiële dienste, sê die roete het die meeste profyt tussen 1998 tot 2015 getoon.
“Die omstandighede het verander toe die Angolese ekonomie verswak het en die vraag na lugvervoer afgeneem het. Om by die ekonomiese veranderings aan te pas, het Air Namibia tussen 2016-’17 die aantal vlugte per week van sewe na ses aangepas en in 2018-’19 is die getal na vier verminder,” sê hy.
Daar was net twee vlugte per week toe die roete aanvanklik in 1992 ingestel is.
Volgens Van Vuuren is die besluit om bedrywighede in die lae seisoen (Junie tot September) tydelik te verminder, geneem ná ’n markanalise gedoen is om die redery se verliese te verminder.
Ekslanddros se verhoor begin in April
Die verhoor van ’n voormalige landdros in Windhoek wat in die hooggeregshof teregstaan vir die beweerde verkragting van twee vroue in Januarie en Desember 2015, sal in April 2020 begin.
Mnr. Jaco Kennedy (32) het Donderdagoggend weer voor die waarnemende hooggeregshofregter Kobus Miller verskyn toe hy in kennis gestel is sy verhoor sal op 13 April volgende jaar voor dieselfde waarnemende regter begin.
Kennedy verskyn op drie klagte van verkragting, poging tot moord en poging tot dwarsboming van die gereg.
Die twee vroue is glo in Januarie en Desember 2015 in die bosse tussen die Windhoek Sentrale Hospitaal en die Katutura-staatshospitaal verkrag.
Kennedy se neef, mnr. Raymond Cloete (33), is sy medebeskuldigde en staan op twee verkragtingsklagte en een ontvoeringsklag tereg.
Kennedy is op borgtog van N$3 000 vrygelaat ná die eerste voorval waarvoor hy saam met Cloete aangekla is.
Hy het glo ’n vrou verkrag aan wie hy en sy neef in Januarie 2015 ’n saamrygeleentheid gebied het.
Hy is egter weer in Januarie 2016 in hegtenis geneem omdat hy ’n ander vrou glo op 31 Desember 2015 verkrag het – ook na wat verneem word tussen die Windhoek Sentrale Hospitaal en die Katutura-staatshospitaal.
Kennedy is in aanhouding by die afdeling vir verhoorafwagtendes in die Windhoek Sentrale Gevangenis sedert sy inhegtenisneming in Januarie 2016 in verband met die tweede klag van verkragting, sonder die moontlikheid om vir borgtog aansoek te doen.
Mnre. Boris Isaacks en Milton Engelbrecht, wat deur die staat gefinansier word, verdedig die twee beskuldigdes.
Cloete is op vrye voet met ’n waarskuwing.
Adv. Innocentia Nyoni tree namens die staat op. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie