Kort nuus

NAMPA
Walvisbaai

Duisende huise aan die kus

‘n Loodsprogram wat poog om behoorlike behuising aan lae-inkomstegroepe te verskaf, gaan op Walvisbaai van stapel gestuur word.

Volgens die dorp se burgemeester, mnr. Immanuel Wilfred, word die fynere besonderhede van dié vennootskap tussen die private sektor en die regering (PPI) tans deur die ministerie van finansies deurtrap.

Sowat 2 000 erwe gaan in ses uitbreidings van die dorp ontwikkel word, insluitende Kuisebmond en Narraville.

Green Valley, ‘n ander projek op Plaas 37 naby Duin 7, maak vir 3 000 behuisingseenhede voorsiening. Sodra die nodige goedkeuring verkry is, sal die eerste fase van dié projek begin, aldus Wilfred. – Nampa

Windhoek

Advieskomitee vir behuising aangestel

Die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, het ‘n beroep op die nuutaangestelde Nasionale Advieskomitee vir Behuising gedoen om streekrade, plaaslike owerhede en die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) te monitor en te evalueer. Dié komitee het vandeesweek vir die eerste keer vergader.

“Kom met oplossings vorendag en gee vir my raad oor hoe om die stadige voorsiening van behuising en ander stedelike grondkwessies op te los,” het Mushelenga gesê.

Die komitee bestaan uit mnr. Ben Kathindi, me. Edith Mbanga en mnre. Cacious Siboleka, Adriaan Grobler en Erickson Mwanyekange. Hul termyn strek oor drie jaar. – Nampa

Windhoek

Meer as 200 nuwe dokters vir staat

Sowat 230 mediese dokters sal na verwagting hul internskap by staatshospitale begin, het die permanente sekretaris van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, vandeesweek gesê.

Die staat is besig om sy geriewe op te knap om voorsiening vir dié nuwelinge te maak.

Nangombe het sy verligting daaroor uitgespreek dat meer geld vir professionele aanstellings in die halfjaar-begrotingshersiening aan die ministerie toegeken is.

Die ministerie se begroting vir 2018-’19 is van bykans N$6,04 miljard in Maart tot sowat N$6,4 miljard verhoog. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!