Kort nuus
Kort nuus

Kort nuus

Francoise Steynberg
Havana

Driejarige se liggaam gevind

Die liggaam van die driejarige seun wat saam met sy ma, me. Saima Thomas (32), verlede Maandagaand deur 'n kitsvloed in Windhoek se informele nedersettings meegesleur is, is Saterdag omstreeks 10:30 in gevind.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die liggaam van Jason Lukas Shindinge in dieselfde rivier deur die polisie en gemeenskapslede gevind waar sy ma se liggaam was. Daar is ses dae onverspoos na hom gesoek.

Ogongo

Vyfjarige verdrink in kanaal

'n Vyfjarige seuntjie, Lasarus Fillemonon, wat Vrydag bokke langs 'n kanaal in die Oshitutuma-nedersetting in die Omusatistreek opgepas het, het verdwyn en sy liggaam is later in die kanaal gevind waarin hy verdrink het. Die polisieondersoek duur voort.

Onayena

Waterpan eis man

Die 20-jarige Awene Oupa Tuna-Omukwathi het Donderdag omstreeks 17:00 verdrink terwyl hy saam met sy vriende in 'n diep waterpan in die Olukeno-nedersetting naby Ontananga in die Oshikotostreek geswem het. Sy liggaam is die volgende dag deur polisielede van die reserwemag gevind en verwyder. Die polisieondersoek duur voort.

Goreangab

Onbekende vrou in Goreangabdam gevind

Die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde vrou is Donderdagnag in die Goreangabdam by Windhoek gevind.

‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het gesê die liggaam is deur ‘n gemeenskapslid van Greenwell Matongo ontdek.

“Die liggaam is Vrydagoggend deur lede van die spesiale veldmagte uit die dam verwyder,” het Shikwambi gesê.

Shikwambi het ‘n beroep gedoen op enigiemand wat ‘n familielid vermis om die Windhoekse polisie-lykshuis te besoek om te help om die oorledene te identifiseer.

Mans vas oor onwettige wildprodukte, wapens

Okatjiuuru

Twee mans (47 en 30) is verlede Dinsdag in die Okatjiuuru-nedersetting naby Otjondeka in die Kunenestreek in hegtenis geneem met onwettige wildprodukte en ongelisensieerde vuurwapens in hul besit.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die twee verdagtes tydens ‘n polisie-operasie met ‘n jagluiperdvel, 17 ietermagôskubbe en twee .303-gewere in hul besit betrap.

Hulle het Vrydag in die landdroshof op Opuwo verskyn. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!