Kort nuus
Omunanagombe
Franse leerlinge kom koshuis bou
Leerlinge van die Internasionale Skool in Parys, Frankryk, het nagenoeg N$500 000 ingesamel om ‘n koshuis by die Laerskool Omuhaturua in die Omunanagombe-nedersetting in die Omahekestreek te bou.
‘n Groep van die leerlinge het vroeër die week, vergesel van die Franse ambassadeur, me. Claire Bodonyi, en mnr. Jack Wessel, besoek aan pres. Hage Geingob by Staatshuis gebring om hom van hul plan in te lig.
Wessel het aan Geingob gesê die leerlinge het Maandag in die land aangekom en sal drie weke hier wees om te help bou aan die koshuis wat 50 leerlinge sal kan huisves. Hulle sal terselfdertyd van Namibië se geskiedenis, tale en kulture leer.
Die skool se bestaande koshuisgeriewe kan die toestroming van leerlinge nie meer huisves nie. Derhalwe is besluit om nog ‘n koshuis te bou. Dit maak voorsiening vir 180 leerlinge en daar is tans 202.
Wessel sê die doel van die projek is nie net om die koshuis te bou nie, maar ook om geïntegreerd met die gemeenskap te leef vir die duur van hul besoek. – Nampa
Rundu
Plant akkerbone, sonneblom vir veevoer
Boere en ander betrokkenes in die land word aangemoedig om akkerbome en sonneblomme te plant, aangesien dit droogtebestand is en as veevoer gebruik kan word.
Die hoof- veldraadgewer van die Duitse Vereniging vir Internasionale Samewerking (GIZ), mnr. Oliver Manungo, het Maandag in ‘n onderhoud met Nampa op Rundu voorgestel boere doen dit om die impak van die droogte te versag.
“Die inisiatief om hierdie twee gewasse te verbou, moet gesien word teen die agtergrond dat mense sowel as diere dit kan eet,” sê hy.
Hy sê die GIZ is voornemens om die plant van proteïenryke gewasse te bevorder. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie