Kort nuus

NAMPA
Windhoek herdenk Wêreldvigsdag

Die Windhoek-munisipaliteit sal môre Wêreldvigsdag by die Sam Nujoma-stadion herdenk.

Die dag word wêreldwyd op 1 Desember herdenk.

Vanjaar se geleentheid word in samewerking met onder meer die gesamentlike Verenigde Nasies se Program vir MIV/vigs, die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, asook die Namibiese Rooikruisvereniging aangebied. Die doel van die herdenking is om 'n bydrae tot MIV/vigs-bewusmaking te lewer.

Die geleentheid word onder die globale tema “die reg tot gesondheid” aangebied.

Plaaslike vermaaklikheidskunstenaars soos The Dogg, wat die plaaslike ambassadeur vir vrywillige manlike besnyding is, die OYO-dansgroep en One Blood sal by die geleentheid optree.

Namibië se amptelike herdenking van Wêreldvigsdag is Vrydag op Katima Mulilo in die Zambezistreek gehou. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!