Kort nuus
Kort nuus

Kort nuus

Francoise Steynberg
Epinga

Handgranaat lei tot kind se dood

Die 11-jarige Petrus Shitenu is Vrydag omstreeks 16:20 by die Epinga-nedersetting in die Ohangwenastreek dood toe 'n handgranaat ontplof het. Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se misdaadverslag het Shitenu en drie ander kinders van 4, 5 en 7 jaar oud met die handgranaat gespeel. Die drie ander kinders is beseer en word in 'n hospitaal behandel. Die polisieondersoek duur voort.

Wanaheda

Fetus in asdrom gevind

'n Fetus is Sondag omstreeks 12:00 in 'n asdrom op die hoek van Faraoh- en Fillistinestraat in die Soweto-woonbuurt in die hoofstad gevind. Geen verdagte is al geïdentifiseer nie en die polisieondersoek duur voort.

Zimbabwiër sterf ná messteek

Katutura

'n Werknemer van die Zimbabwiese ambassade is Donderdag omstreeks 21:00 in Joseph Garisebstraat indie Damara-lokasie vier keer met 'n mes in sy bors gesteek en het op die toneel gesterf. Volgens die polisie is die Zimbabwiese man (44) glo deur sy 33-jarige meisie gesteek. "Die paartjie het glo 'n argument voor die noodlottige voorval gehad. Die oorledene se naasbestaandes is nog nie van sy dood ingelig ne, maar verteenwoordigers van die Zimbabwiese ambassade was op die toneel," sê die polisie. "Die verdagte het voor die voorval glo onbekende gif ingeneem en sy is onder bewaking in die Katutura-staatshospitaal opgeneem." Sy verkeer glo in 'n stabiele toestand.

Wanaheda

Verkoper sterf in mesaanval

Mnr. Likwambi Panda Gabriel (32), wat Vrydag omstreeks 12:39 by Uukwamatsi Bar Nr. 5 in Green Mountainstraat in Goreangab van sy goedere probeer verkoop het, is met 'n mes doodgesteek. "Gabriel en sy vriend het in die straat gestap toe hulle 'n man en sy meisie teëkom. Gabriel het gevra of die meisie van sy goedere wil koop, waarna haar kêrel glo gesê het hy mag nie met sy meisie praat nie en hom toe glo in diebors gesteek het," lui die misdaadverslag. Gabriel hetop die toneel gesterf. Niemand is in hegtenis geneem nie en enigiemand met inligting oor die voorval moet die Wanaheda-polisiekantoor kontak.

Grootfontein

Vrou steek oom glo met mes

'n Vrou (35) het Donderdag omstreeks 19:20 haar oom glo met 'n tradisionele mes by 'n huis in Swakopstraat in Grootfontein doodgesteek, waarna sy sy meisie glo met dieselfde mes in die mond gesteek het. "Die vrou en haar oom, mnr. Tsose Leo (37), het glo 'n uitval gehad. Hy is in die bors gesteek en sy meisie is ernstig beseer," sê die polisie. Die verdagte is in hegtenis geneem en sou gister in die Grootfontein-landdroshof verskyn. Die polisieondersoek duur voort.

Karibib

Meisie glo verkrag

'n Agtienjarige meisie wat Vrydag omstreeks 02:00 van 'n klub in die Usab-lokasie af geloop het, is glo by die Marble Crush-terrein verkrag. "Toe die vrou by die erf van Marble Crush ingaan, het die verdagte haar glo aan haar arm gegryp, na 'n gebou gesleep en verkrag," sê die polisie. Die verdagte is in hegtenis geneem en sou gister in die Karibib-landdroshof verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!