Kort nuus
Xi in Hongkong vir 20ste herdenking
China
China se president Xi Jinping het gister in Hongkong geland vir die 20ste herdenking van Beijing se oorname van die voormalige Britse kolonie.
Xi sal Saterdag die inhuldiging van die eiland se nuwe leier, Carrie Lam, bywoon.
Pro-demokrasie-aktiviste het voor die besoek betoog en nog betogings word verwag. Hongkong se owerhede het geen kanse gevat met moontlike ontwrigtings nie en streng veiligheidsmaatreëls is in die stad van krag.
Brittanje se beheer oor Hongkong het op 30 Junie 1997 ten einde geloop toe die eiland se beheer om middernag aan China oorhandig is.
“Dit is nege jaar sedert ek laas my voete in hierdie plek gesit het. Ek is opgewonde,” het Xi met sy aankoms op die lughawe gesê. “Hongkong trek aan my hart,” het hy gesê en bygevoeg dat die herdenking van Hongkong se “terugkeer na die vaderland, 'n vreugdevolle dag vir die land en vir Hongkong is”. – Nampa/AP
Weermag gereed vir finale slag teen IS in Mosoel
Irak
In hul stryd vir beheer oor Mosoel, is Irakse magte besig om na die ruïne van die geskiedkundige moskee op te ruk wat verlede week deur die Islamtiese Staat-groep (IS) opgeblaas is.
Genl.maj. Sami al-Aridi van Irak se spesiale magte sê sy troepe sal nie die verwoeste al-Nuri-moskeekompleks binnegaan nie, omdat die militante waarskynlik plofstof in die kompleks geplaas het.
Irakse magte is besig om IS se laaste vesting in die sogenaamde Ou Stad aan die westekant van die Tigrusrivier van die militante te ontset.
Die moskee is grootliks simbolies aangesien dit van daar is dat die IS-leier, Abu Bakr al-Baghdadi, in Julie 2014 die selfverklaarde kalifaat afgekondig het wat dele van Sirië en Irak insluit. – Nampa/AP
Strenger lugvaartveiligheidsreëls aangekondig
Amerika
Amerika het Woensdag strenger nuwe veiligheidsregulasies aangekonding vir alle lugrederye wat die land invlieg.
Die minister van binnelandse veiligheid, John Kelly, het gesê ontwikkelende terreurbedreigings maak die maatreëls noodsaaklik.
Hy sê lugrederye en lughawens oral in die wêreld moet die nuwe fisieke en elektroniese deursoekingsmetodes vir passasiers en hul elektroniese toerusting implementeer.
Die stap raak ongeveer 180 lugrederye in 105 lande wat 2 000 daaglikse vlugte na Amerika vlieg en ongeveer 325 000 passasiers vervoer.
Kelly sê Amerika sal ook druk uitoefen vir buitelandse lughawens om voor-uitklarings te aanvaar wat Amerikaanse doeane- en grensbeamptes op passasiers onderweg na Amerika uitvoer. Die uitklarings sal gedoen word voordat passasiers aan boord gaan.
Voort sal van lugrederye vereis word om nuwe tegnologiese deursoekingstelsels aan te skaf en meer gebruik te maak van snuffelhonde wat chemiese middels kan uitsnuffel. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie