Kort nuus
Amerika
Madonna neem wel twee kinders aan
Net weke nadat sy dit driftig ontken het, het dit bekend geword die popster Madonna gaan wél nog twee kinders uit Malawi aanneem.
Die hooggeregshof in Blantyre het Dinsdag toestemming verleen dat Madonna die vierjarige tweelingmeisies Esther en Stella mag aanneem.
Madonna (58) het David Banda en Mercy James (albei 11 jaar oud) van Malawi in onderskeidelik 2006 en 2009 aangeneem.
Dominic Misomali, 'n toesighouer wat deur die regering aangestel is, sal nou na die VSA reis om Madonna se versorging van die tweeling te evalueer.
Madonna sal 'n jaar lank deur die hof gemonitor word voordat die aannemingsproses gefinaliseer sal word. -Netwerk24/Nampa/ Reuters
Groenland
Akteur pleit oor aardverhitting
'n Akteur van Game of Thrones wat met die hulp van Google-tegnologie probeer bewusmaking kweek oor aardverhitting deur beeldmateriaal op te neem, is Dinsdag bekend gestel.
Nikolaj Coster-Waldau, oftewel Jaime Lannister, het met 'n Google Street View Trekker deur Groenland getoer om die verwoestende effek van aardverhitting vas te vang.
“Jaar ná jaar sien ons hoe hoë temperature oor die wêreld heen 'n drastiese effek op die aarde het. Dit is duidelik om die effek daarvan te sien, veral in Groenland. Plekke wat eens op 'n tyd met ys besaai is, is nou net grond,” sê Coster-Waldau in 'n mediaverklaring.
Hy hoop dat die beeldmateriaal, wat op Google se Street View te sien is, mense sal oortuig om vinnig veranderinge aan hul leefstyl te doen.
“Indien ons nie vinnig ingryp nie, gaan ons dalk nie Groenland kan herken as ons weer hier kom beeldmateriaal neem nie.
“Ons het almal die verantwoordelikheid om hierdie pragtige planeet te beskerm. Almal is in gevaar met die newe-effekte van aardverhitting. Kom ons staan saam en doen iets daaraan,” sê Coster-Waldau.
Google het die Street View Trekker, 'n rugsak met 'n 360 °-kamera op, in 2012 bekend gestel en dit word deur 'n operateur gedra om beeldmateriaal oor omliggende gebiede op te neem vir die jongste weergawe van Google Street View.
Die Trekker is al gebruik om van die wêreld se asemrowendste tonele af te neem, soos die Grand Canyon, Taj Mahal, Angkor Wat en die Galápagos-eilande. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie