Kort nuus
Airbus se Afrika-verwagtings
Die Europese vliegtuigvervaardiger Airbus verwag Afrika-lugdienste gaan oor die volgende 20 jaar sowat 990 nuwe vliegtuie koop.
Hoewel dit net 3% van die verwagte internasionale vraag na nuwe passasiersvliegtuie verteenwoordig, sal dit die aantal vliegtuie verdubbel wat tans in Afrika in bedryf is, sê Hadi Akoum, Airbus se visepresident vir verkope in Afrika en Indië.
Airbus verwag passasiersverkeer in Afrika sal oor die volgende twee dekades teen 5,6% per jaar groei, teenoor die internasionale gemiddelde van 4%.
Steenkool-notering in Botswana
Die steenkoolmaatskappy Minergy wil in die eerste helfte van vanjaar sy Masama-steenkoolprojek as 'n afsonderlike maatskappy op die Botswana-aandelebeurs noteer. Minergy wil die Mmamabula-steenkoolveld in die suidweste van Botswana ontwikkel en het geld nodig daarvoor. Hy beplan ook later vanjaar 'n notering op die JSE.
Die Masama-projek sal steenkool aan Botswana lewer, asook aan nywerheidskliënte en onafhanklike kragprodusente in die streek.
Draadlose internet in Zambië
Die telekommunikasie-operateur Paratus Telecom het nuwe breëbandtegnologie in Lusaka geïnstalleer wat draadlose internettoegang in die Zambiese hoofstad sal verbeter. Dit strek ook na ander provinsies in Zambië. 'n Netwerk van basisstasies is opgerig wat deur die internasionale draadlose-breëbandverskaffer Radwin gelewer is.
Berlyn-forum in Maart gehou
'n Sakeforum vir Duitsland en Afrika word op 23 Maart in Berlyn gehou om handels- en beleggingsbande tussen Duitsland en Afrikalande te versterk.
Die bankier Thomas Boni Yayi, wat van 2006 tot verlede jaar die president van Benin was, is een van die sakeleiers wat pas bevestig is as een van die deelnemers aan die forum. Boni Yayi was ook voorheen 'n voorsitter van die Afrika-unie.
Sage-fonds vir niewinsgewende ondernemings
Die Sage-stigting het sy Enterprise-fonds van US$1 miljoen bekend gestel. Die fonds is oop vir niewinsgewende ondernemings in Afrika wat idees het oor hoe om die lewens van jong mense, vroue en afgetrede soldate te verbeter. Nieregeringsorganisasies sal kan aansoek doen vir toekennings uit die fonds. Daar sal twee rondes wees van US$500 000 elk. Aansoeke vir die eerste ronde sluit op 5 April. Toekennings van tussen US$5 000 en US$35 000 sal aan suksesvolle aansoekers gedoen word. Klein organisasies wat ambisie het om uit te brei en tot volhoubare verandering by te dra sal voorkeur kry.
WorldRemit spog met Tanzaniese groei
Die digitale geldoordragdiens WorldRemit brei steeds uit in Tanzanië waar hy in Desember 10 000 unieke transaksies beklink het – 'n nuwe rekord.
Meer as 4 miljoen Afrikane wat oorsee woon, stuur gereeld geld terug na hul families tuis in Afrika.
WorldRemit het in 2016 met 150% gegroei, aangehelp deur die vinnige verspreiding van sy Mobile Money-rekeninge.
Die grootste geldversenders na Tanzanië is Afrika-migrante wat tans in Brittanje, Swede, Australië, Noorweë en Kanada woon. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie