Kort nuus
Kenia
Olietenkwa buite beheer, 33 dood
''n Vuurbal van ''n olietenkwa het op een van Kenia se hoofroetes naby die dorp Naivasha verskeie voertuie getref en minstens 33 mense is dood, het ''n Rooi Kruis-amptenaar gesê.
“Ons het tot dusver 33 lyke van die ongelukstoneel verwyder. Die bestuurder van ''n tenkwa wat op pad was na Uganda, het beheer oor die voertuig verloor en in ''n klomp karre vasgery,” het Felister Kioko, ''n woordvoerder van die Rooi Kruis, op die toneel gesê.
Die ongeluk het laat Saterdagaand sowat 10 kilometer noord van Naivasha gebeur.
In 2009 het meer as 100 mense doodgebrand toe ''n tenkwa naby Molo aan die brand geslaan het.
– Netwerk24/Reuters
Somalië
Motorbomontploffing eis ses lewens
''n Somaliese polisiebeampte sê ''n selfmoord-motorbomaanvaller het die dood van ses mense veroorsaak en nog vyf ander by ''n polisiekantoor in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe, beseer.
Kapt. Mohamed Hussein sê die aanval vroeg gisteroggend het ''n polisiekantoor naby die Mogadisjoe-hawe geteiken en nabygeleë geboue verwoes.
Niemand het dadelik aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie. Dit was die tweede ontploffing in die hawestad in twee dae.
Die selfmoordbomaanvaller het die voertuig laat ontplof toe hy deur soldate by ''n veiligheidsbeheerpunt gestop is.
Ondanks die feit dat die militante, Islamitiese, ekstremistiese groep Al-Sjabaab uit die meeste van die groep se vestings in Somalië verdryf is, stuur die groep steeds gereeld dodelike aanvalle in die grootste dele van die suide en sentrale gebied van Somalië van stapel.– Nampa/AP
Egipte
Vyf sterf in ontploffing by Koptiese kerk
''n Ontploffing gister naby ''n Koptiese katedraal in Kaïro het die lewe van minstens vyf mense geëis en tien beseer, sê Egiptiese bronne.
Vrydag het twee bomme langs die pad, een in Kaïro en een noord van die hoofstad, die lewe van ses polisiemanne geëis. Nog ses is in die aanvalle gewond.
Niemand het tot dusver aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar nie.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie