Kort nuus
ONDERSOEK IN KOKAïENSAAK VOLTOOI
Die ondersoek is afgehandel in die saak waarin twee mans beskuldig word dat hulle met kokaïen ter waarde van N$206 miljoen op Walvisbaai handel gedryf het.
So het staatsaanklaer Maggy Shiyagaya-Lotto tydens 'n vlugtige verskyning van die beskuldigdes, mnre. Grant Noble en Dinath Azhar, in die Walvisbaai-landdroshof gesê.
Die saak is talle kere uitgestel sedert dit in Junie 2018 op die hofrol geplaas is. Shiyagaya-Lotto het vroeër gesê die staat wag vir verklarings van 'n Brasiliaanse hof. Die kokaïen is glo van dié land versend. Die staat het ook gewag op 'n selfoon waarop meer inligting was wat vir analise Israel toe gestuur is. Meer tyd was ook nodig weens die omvang en kompleksiteit van die saak.
Noble (36) en Azhar (62) is in Junie 2018 in hegtenis geneem toe hulle 'n houer wou opeis wat na die Walvisbaai-hawe gestuur is. In die houer was 412 kilogram kokaïen wat in bokse verpak was en as skryfbehoeftes verklaar is. Die houer het glo op 9 Junie 2018 in Walvisbaai aangekom nadat dit van Brasilië via Suid-Afrika gestuur is en nie in die buurland opgeëis is. Dit is gemonitor totdat iemand opgedaag het om dit op te eis.
Die pleitverrigtinge sal op 21 November begin.
NUWE DIREKTEURE VIR MEATCO
Meer as 200 Meatco-produsente het Vrydag nuwe direkteure vir die organisasie genomineer.
In 'n verklaring wat Vrydag uitgereik is, is gesê 247 Meatco-produsente het die spesiale ledevergadering bygewoon wat die Meatco-direksievoorsitter, me. Martha Namundjebo-Tilahun, belê het.
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, het versoek dat die voorsitter vergaderings met verskillende belangegroepe belê met die oog op die benoeming van vier mense per kwalifiserende groep vir verdere oorweging deur die minister.
Namundjebo-Tilahun het gesê sodra die nominasies gefinaliseer is, sal die name aan die minister voorgelê word. “Die minister sal ons later vanjaar of volgende jaar inlig oor wie die organisasie gaan lei.”
Kandidate is in drie kategorieë benoem. Mnre. Elia Kandjii, Usiel Kandjii, Mushokabanji Mwilima en Jason Tjakazapi is genomineer as kommunale deskundiges. Mnre. Elton Heyman en Kai Dieter Rumpf is as kommersiële deskundiges genomineer, terwyl me. Clara Bohitile, Rosalinda Katjivena en mnre. Johannes Hamman, Ronald Kubas en Vehaka Tjimune in die kategorie vir kundiges benoem is.
Die huidige Meatco-raad se termyn verstryk op 22 Februarie 2020. - Nampa
VOEDSELBANKKWESSIES
Begunstigdes van die voedselbank op Otjiwarongo het 'n beroep op die minister van armoedeuitwissing en maatskaplike welsyn, dr. Zephania Kameta, gedoen om konsekwent te wees met die maandelikse uitdeling van kospakkies.
Die inwoners het die beroep gedoen tydens die tweede verspreiding van die kospakkies aan huishoudings in die informele nedersettings DRK, Telecom, Ombili en Tsaraxa-Aibes.
Die verspreiding van kospakkies val onder die regering se voedselbankprogram. Dit is in September vanjaar begin om die arm inwoners van die Otjiwarongo- en Okahandja-kiesafdeling in die Otjozondjupastreek te ondersteun.
Elke geïdentifiseerde huishouding ontvang maandeliks 10 kg mieliemeel, kookolie, meel, droëbone, blikkiesvis, beesvleis, sout, rys en suiker.
'n Inwoner van die Telecom-nedersetting, me. Rosina Nanuses, het gesê die uitdeel van kos moet konsekwent wees. “Verlede maand het ons ons pakkies op 18 September ontvang. Vandag is 1 November. Ons moet weet wat die verspreidingsdatum in Desember is, sodat ons kan beplan,” het sy gesê.
'n Ander begunstigde in die DRK, me. Justine Ganses, het gesê die kos sou vir haar agt gesinslede vir die volgende twee weke hou.
Pastoor John Guibeb, die koördineerder van voedselbankkomitees van Otjiwarongo, het gesê dit is moeilik vir sy komiteelede om die presiese datums aan te kondig aangesien die besending uit Windhoek kom.
“Ons kan nie konsekwent wees nie. Ons sal probeer om begunstigdes op hoogte te hou met SMS'e sodra ons die besending ontvang het.”
Altesaam 350 huishoudings in die Otjozondjupastreek - 175 elk op Otjiwarongo en Okahandja - baat by die program. Die voedselbank is in Junie 2016 deur president Hage Geingob van stapel gestuur. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie