Kort nuus
Ondangwa
Oudpolisieman kweek glo dagga
'n Voormalige polisieman is glo Sondag op Ondangwa in verband met die kweek van dagga en die onwettige besit van ammunisie in hegtenis geneem
Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die 27-jarige man glo vier patrone en 14 leë patroondoppies vir 'n pistool en AK-47-aanvalsgeweer sonder 'n lisensie in sy besit gehad.
"Drie plantasies dagga is ook ontdek," lui die verslag.
Die polisieondersoek duur voort.
Rosh Pinah
Man smokkel glo diamante
'n Man (56) is Vrydag by die Sendelingsdrift-grenspos glo met diamante in sy besit in hegtenis geneem.
Volgens die polisie is die man se voertuig waarin hy gereis het omstreeks 15:45 deursoek. Die polisie het glo vier diamante tydens die soektog in sy voertuig gevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie