KORT NUUS
KORT NUUS

KORT NUUS

NAMPA
Oud en jonk gesoek as verkiesingsbeamptes

Windhoek

Senior burgers is volgens die Verkiesingskommissie (ECN) welkom om aansoek te doen vir die sowat 15 000 vakatures wat vir verkiesingsbeamptes bestaan.

Volgens mnr. Theo Mujoro sluit aansoeke om die tydelike posisies op Vrydag 15 Februarie. Volgens hom het baie jongmense reeds aansoek gedoen.

Die beamptes sal tydens registrasie en die verkiesings diens doen.

Die weermag het soldate beopdrag om nie aansoek te doen nie sodat werklose aansoekers oorweeg kan word. - Nampa

UPM sê hy maak ‘n besliste verskil

Rehoboth

Die United People’s Movement (UPM) maak as politieke party op plaaslike, streeks- en nasionale vlak ‘n belangrike verskil.

Mnr. Jan van Wyk, parlementslid en vise-president van die UPM, het Sondag die boodskap aan inwoners van Rehoboth gebring.

Hoewel 80% van probleme by Rehoboth se dorpsraad glo opgelos is, is die UPM ongelukkig dat geen dissiplinêre stappe nog gedoen is nie.

Die oorblywende taak behels die toekenning van erwe volgens die Rukoro-verslag se aanbevelings. Begunstigdes in Burgershoek en elders op Rehoboth is versoek om hul besonderhede by die UPM-kantoor op die dorp in te handig.

Van Wyk het vroeër vanjaar ‘n beroep op die regering gedoem om die droogte as ‘n noodtoestand te verklaar en met ingrypings onder meer werksverliese in die sektor te voorkom.

RDP hou kajuitraad

Windhoek

Die Rally for Democracy and Progress (RDP) se sentrale komitee vergader Vrydag in Windhoek.

Die byeenkoms sal die party se grondwet, politieke programme en gedragskode evalueer met die oog op November se verkiesings.

Tak- en distriksvergaderings het reeds in dele van die land begin. Streke en partyvleuels sal daarna vergader in aanloop na die partykonvensie wat in Maart nuwe leiers moet verkies. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!