Kort nuus

NAMPA
Vrese dat olietenker deur seerowers gekaap is

Golf van Guinee

'n Olietenkskip met 22 bemanningslede aan boord word in die Golf van Guinee aan die westelike kuslyn van Afrika vermis. Die bemanning het Vrydag laas met owerhede in Benin kontak gehad het.

Die skip het 13 500 ton petrol aan boord. Die bemanning is almal van Indië.

Al hoe meer seerowers wat vragte steel en dan 'n losprys eis, is aktief in die Golf van Guinee, al neem die tendens wêreldwyd af.

'n Soektog word met behulp van Nigerië en Benin uitgevoer, luidens Anglo-Eastern, die Hongkongse maatskappy wat die skip bestuur. – Netwerk24/Reuters



Hof wil president in staat van beskuldiging plaas

Maledive

Die hooggeregshof in die Maledive probeer om pres. Abdulla Yameen in 'n staat van beskuldiging te plaas omdat hy 'n bevel om opposisieleiers vry te laat, verontagsaam het, het die land se prokureur-generaal gesê.

Hy het gewaarsku dat dié eilandnasie in die Indiese oseaan verdere politieke onstabiliteit in die gesig staar.

Die Maledive, beter bekend vir sy luukse vakansieoorde, beleef 'n politieke krisis sedert die land se hoogste hof verlede week skuldigbevindings op terrorismeklagte teen die vorige president, Mohamed Nasheed, en ander uitgegooi het.

Hulle probeer reeds vir etlike jare om Yameen se bewind omver te werp. – Nampa/Reuters



Pous vra wêreldwyd dag van gebed vir vrede

Vatikaanstad

Pous Franciscus het lede van die Rooms Katolieke Kerk en lidmate van ander denominasies gevra om op 23 Februarie 'n dag gebed vir vrede te hou en te vas. Hy wil hê almal moet nee sê vir geweld en konflik.

Franciscus het tydens sy weeklikse seëning voor duisende mense in die St. Petrus-plein in die Vatikaan gesê hy doen hierdie beroep as gevolg van die tragiese voortsetting van konflik regoor die wêreld. – Nampa/Reuters



Merkel: Koalisie-onderhandelinge is moeilik

Duitsland

Duitsland se kanselier, Angela Merkel, sê haar konserwatiewes is in moeilike onderhandelinge met die Sosiaal-Demokrate (SPD) gewikkel terwyl hulle probeer om 'n koalisie saam te stel. Daar is nog geen einde in sig vir die onderhandelinge nie.

Dit is reeds vier maande ná die nasionale verkiesings in Europa se grootste ekonomie. Die dooie punt in die onderhandelinge is 'n bron van kommer vir beleggers en vennoot-lande. Dié lande vrees dat dit beleidmaking oor sleutelkwessies rakende Brittanje se vertrek uit die Europese Unie en hervormings van die euro-sone kan vertraag. – Nampa/Reuters



Man vas nadat hy op swart migrante skiet

Italië

'n Italiaanse man het die naweek in die sentrale Italiaanse stad, Macerata, op migrante uit Afrika losgebrand en ses mense gewond.

Hy is deur die polisie in hegtenis geneem. Die polisie beskou dit as 'n rasgemotiveerde aanval.

Die skietery volg enkele dae nadat 'n Nigeriese migrant in hegtenis geneem is in verband met die dood van 'n 18-jarige Italiaanse vrou. Twee tasse met haar verwyderde ledemate is naby Macerata gevind. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!