Kort nuus – Afrika

Ghana
Kofi Annan terug op Afrika-bodem

Die oorskot van die ontslape Kofi Annan het Maandag in sy tuisland, Ghana, aangekom.

Reuters berig dat ’n staatsbegrafnis môre vir die voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies en Nobelpryswenner vir Vrede gehou sal word.

Volgens ghanaweb.com is ’n kort seremonie Maandag in Accra onder leiding van pres. Nana Addo Dankwa Akufo-Addo gehou. Dit is deur Annan se vrou, Nane Maria, sy kinders, Ama, Kojo en Nina, en VN-amptenare bygewoon.

Annan is op 18 Augustus ná ’n kort siekte in die ouderdom van 80 jaar in Bern, Switserland, oorlede. Hy het siek geword nadat hy die viering van Nelson Mandela se geboortedag in Suid-Afrika bygewoon het.

Hy is aanvanklik in Genève behandel, maar is later na ’n hospitaal in Bern oorgeplaas. Annan was van 1997 tot 2006 die VN se sekretaris-generaal. - Netwerk24/Reuters

Somalië
Staatsgebou loop deur onder bomaanval

’n Selfmoordbomaanvaller het Maandagoggend ’n staatsgebou in Mogadisjoe geteiken en verskeie mense is in die ontploffing dood.

Rookwolke is bo dié Somaliese hoofstad gesien, nadat ’n harde ontploffing en skote gehoor is.

Luidens aanvanklike berigte is die Hodan-streekskantoor aangeval.

Die polisie kon nie dadelik sê hoeveel mense in die ontploffing dood is nie.

’n Ooggetuie, Hussein Osman, het gesê ’n viertrekvoertuig het teen die gebou vasgejaag.

“Ek het weggehardloop en gesien die gebou is heeltemal vernietig. Ek sien ambulanse wat die gewondes wegneem, maar ek kan nie sien hoeveel mense dood of beseer is nie.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!