Kort nuus - Afrika
Suid-Afrika
11 SA soldate skuldig aan aanranding
11 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is skuldig bevind aan aanranding tydens hul ontplooiing in die Demokratiese Republiek die Kongo.
Die SANW het Maandag in ’n verklaring gesê dié saak spruit uit ’n voorval op 30 Januarie vanjaar by Mbuji Mayi in die Kasai Oriental-provinsie toe lede van die 5 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon ’n 17-jarige Kongolese burger aangerand het.
Die Suid-Afrikaanse soldate was daar as deel van Operasie Mistral.
Brig.genl. Mafi Mgobozi, SANW-woordvoerder, sê die man is by die militêre basis aangerand nadat hy beskuldig is dat hy ’n plastiek wasbak en ’n emmer gesteel het.
“Hy is lig beseer en ’n saak is by die owerhede aanhangig gemaak. Die leër het ’n ondersoek gedoen.”
“Aanvanklik is 16 soldate aangekla.”
“Die verhoor was van 12 tot 23 Junie in die DRK waarna dit na Ladysmith in Suid-Afrika verskuif is. Die finale verhoor is op 2 November afgehandel,” het Mgobozi gesê. Die krygshof het 11 van die ses aangeklaagdes skuldig bevind.
“Ons kan dié soort misdadigheid nie toelaat nie en sal altyd optree teen diegene wat hulself aan dié soort gedrag skuldig maak,” het gen. Solly Shoke, SANW-hoof, gesê. – Netwerk24
Nigerië
'Ek is nie dood nie' – Nigeriese president
Pres. Muhammadu Buhari van Nigerië het uiteindelik Sondag sy stilte verbreek en ontken dat hy dood is nadat sosiale media bespiegel het dat hy deur 'n Soedannese bedrieër vervang is.
"Dit is regtig ek, ek belowe. Ek vier eersdaags my 76ste verjaarsdag en ek staan steeds sterk."
Buhari, wat maande lank siek was en in Brittanje mediese behandeling ontvang het, wil in Februarie volgende jaar as president herverkies word.
Hy het nog nooit voorheen in die openbaar oor sy gesondheid gepraat nie.
Hy het gerugte gepak nadat daar op sosiale media bespiegel is dat ene Jubril van Soedan hom vervang het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie