Kort nuus u2013 Afrika
Kort nuus u2013 Afrika

Kort nuus – Afrika

Suid-Afrika

‘Groot ou dame’ onder elektriese heining uit gered

Dit moes baie seer gewees het en die “ou dame” moes bang gewees het, want die elektriese heining het net bly skok en skok en skok.

Haar kolossale spiere was in ’n spasma en daar was geen manier waarop die luislangwyfie kon ontsnap nie.

“Sy moes al lank daar onder die draad gelê het, want sy het ook nog vier brandwonde op haar lyf gehad. Ek het ’n sterk vermoede dat sy byna bewusteloos geskok was voordat sy gered is,” sê Ruan Venter, ’n slangkenner en -vanger van Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo.

Die slang het die skaal op 46,3 kg laat kreun .

Venter meen dat die slang, te oordeel na haar grootte, tussen 25 en 30 jaar oud kan wees. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!