Kort nuus – Afrika

Mosambiek

Dodetal ná sikloon Idai staan reeds op 847

Honderdduisende mense kort nog kos, water en skuiling ná die verwoestende uitwerking van sikloon Idai wat Mosambiek, Zimbabwe en Malawi op 14 Maart getref het. Sondag het die dodetal op minstens 847 gestaan ná die storm wat vloede weens swaar reën veroorsaak het. Die Mosambiekse regering en VN-amptenare het die volgende inligting verskaf:

Mosambiek: Dodetal: 602; beseerdes: 1 641; huise verwoes: 239 682; mense geraak: 1,85 miljoen.

Zimbabwe: Mense dood: 185 (volgens die regering) en 259 (volgens die VN); mense beseer: 200; mense ontwortel: 16 000 huishoudings; mense geraak: 250 000.

Malawi: Mense dood: 60; mense beseer: 672; mense ontwortel: 19 328 huishoudings; mense geraak: 868 895. – Netwerk24/Reuters

Rwanda

Slagoffers van slagting herdenk

Die lewe van die 800 000 slagoffers van die Rwandese menseslagting is Sondag by die Gisozi-gedenkteken in die hoofstad, Kigali, herdenk met toesprake, liedere en ’n vreedsame optog.

Pres. Paul Kagame van Rwanda het in sy toespraak gesê sy land se burgers is weer een familie, berig die BBC.

Die 100 dae van bloedvergieting wat 25 gelede jaar gelede tot die uitwissing van ’n tiende van die land se bevolking gelei het, sal vir 100 dae herdenk word.

Die menseslagting het op 6 April 1994 uitgebreek nadat ’n vliegtuig waarin die Rwandese president, Juvénal Habyarimana, en sy ampsgenoot van Burundi, pres. Cyprien Ntaryamira, was, bo Kigali neergeskiet is. Albei leiers was Hutu’s.

Die meeste van die slagoffers van die menseslagting was Tutsi’s, ’n minderheidsgroep in die land, aan die hand van ekstremistiese Hutu’s. – Netwerk24/Reuters, BBC, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!