Kort nuus u2013 Afrika
Kort nuus u2013 Afrika

Kort nuus – Afrika

Suid-Afrika

Ouma Behatrus brei 500 truie vir pasgebore babas

’n Bejaarde vrou van Malmesbury in die Wes-Kaap, wat eiehandig 500 truie vir pasgebore babas gebrei het, het dit Maandag by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad oorhandig.

Behatrus Liebenberg (80) en haar man, Pieter (84), het Maandagoggend vroeg van Malmesbury af gery om die truie te oorhandig, soos hulle elke twee jaar sedert 2010 doen.

Volgens Behatrus het sy haar kleinkind in 2010 in dié hospitaal besoek toe sy met die idee vorendag gekom het.

Volgens haar brei sy nog elke keer die truie alleen en het sy aanvanklik net 100 truie oor twee jaar gebrei. Vanjaar kon sy egter 500 truie brei.

Noudat die 500 truie klaar gebrei is, gaan Belhatrus eers ’n paar truie vir haar eie kleinkinders brei. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-02-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 20° | 35° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 19° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 20° | 35° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 23° | 36° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 19° | 35° Antananarivo: 18° | 29° Lilongwe: 18° | 28° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 24° Durban: 23° | 30° Johannesburg: 21° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 17° | 29° #REF! #REF!