Kort nuus –Afrika
Terwyl mense wêreldwyd geboei is deur die brandende Amasone-reënwoud in Brasilië, toon satellietbeelde daar is aansienlik meer uitbarstings op die Afrika-vasteland.
Nasa noem Afrika die “vuur-vasteland” waar minstens 70% van die 10 000 vure voorkom wat gemiddeld daagliks in Augustus brand. Die agentskap sê dié getal is jaar op jaar dieselfde.
In Angola was daar die afgelope week drie keer meer brande as in Brasilië. Nasa-satellietbeelde toon ongeveer 6 000 brande in Angola, meer as 3 000 in die Demokratiese Republiek die Kongo en net meer as 2 000 in Brasilië. - Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie