Kort nuus - Afrika- en Internasionaal
Suid-Afrika
Duitse president Dinsdag in die Kaap
Duitsland se president, Frank-Walter Steinmeier, is vandag in Kaapstad op ’n staatsbesoek, het die presidensie Sondag aangekondig.
Hy is die eerste Duitse staatshoof in 20 jaar wat die land besoek. Oudpres. Roman Herzog was die laaste een.
Die presidensie sê in ’n verklaring die staatsbesoek kom enkele weke nadat pres. Cyril Ramaphosa en dr. Angela Merkel, die Duitse Bondskanselier, op die Afrika-beraad van die G20-groepering bilaterale gesprekke gevoer het.
Duitsland is een van die grootste beleggers in Suid-Afrika.
Sowat 600 Duitse maatskappye het belange hier en verskaf werk aan sowat 100 000 mense.
Die presidensie sê die verwagting is dat Steinmeier, ’n voormalige minister van buitelandse sake, se staatsbesoek kan lei tot die ondertekening van handels- en beleggingsooreenkomste tussen Suid-Afrika en Duitsland. – Netwerk24
Amerika
Acosta mág in Withuis toegelaat word, beslis hof
Jim Acosta, die CNN-joernalis wat die Withuis verbied is ná hy betrokke was in ’n bekgeveg met pres. Donald Trump, moet toegelaat word om sy werk te hervat.
CNN Business berig regter Timothy J. Kelly het Vrydag gelas die Withuis moet Acosta weer aanstel in sy pos as hoofkorrespondent.
Trump en Acosta het ’n onderonsie gehad nadat Trump nie Acosta se vrae op ’n nuuskonferensie wou beantwoord nie.
Acosta wou weet waarom Trump vrese aanwakker oor die migrante wat deur Mexiko beweeg.
Daarna is Acosta se akkreditasie opgeskort en Trump het hom die Withuis belet.
Trump verwys ook gereeld na CNN as “vals nuus” en het weer gesê die netwerk is die “vyand van die mense.”
Ingevolge Kelly se uitspraak ontvang Acosta sy akkreditasie tydelik terug totdat hy tot ’n finale beslissing gekom het in CNN se voortslepende hofsaak teen Trump en die Withuis.
Dit word beskou as ’n belangrike toetssaak vir persvryheid in Amerika. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie