Kort nuus – Afrika- en Internasionaal
Suid-Afrika
Hy sal bedank as president hom vra, sê Gigaba
Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, sal bedank as pres. Cyril Ramaphosa hom vra om dit te doen.
Hy het Sondag in ’n onderhoud aan eNCA gesê hy sal met Ramaphosa vergader om al die kwessies rondom hom te bespreek.
Op ’n vraag oor of hy sal bedank, het Gigaba geantwoord: “Ek het myself nie as minister ontplooi nie. Ek is deur die ANC ontplooi. Dit is nie vir my om te sê: O, meneer die president, daar is al die bewerings; die DA gaan hof toe om my geskiktheid vir my amp uit te daag; daar is dié verwikkeling; en ’n paar berigte in die media. Ek gaan nie op daardie grondslag bedank nie.
Dié uitspraak was net ’n dag nadat adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), bevind het Gigaba het die Grondwet én die etiese kode vir lede van die kabinet oortree deurdat hy in die Fireblade-geding vir die hof gelieg het. Mkhwebane het aanbeveel dat Ramaphosa en die parlement “gepas” teen Gigaba optree. – Netwerk24
Viëtnam
SA onderwyser dood in ongeluk in Viëtnam
’n Suid-Afrikaanse onderwyser is dood en nog ’n Suid-Afrikaner veg om sy lewe nadat hulle in ’n grusame motorfietsongeluk in Viëtnam betrokke was.
Benjamin Jooste (26) is die tweede oudleerling van die Potchefstroom Gimnasium wat in Viëtnam dood is.
Dit kom nadat sy skoolmaat Colin Wheeler (24), ’n Engelsonderwyser, in Oktober 2016 weens orgaanversaking in ’n Viëtnamese hospitaal dood is.
Benjamin, ’n oudstudent van die Noordwes-Universiteit, het as ’n onderwyser by ’n Engelse taalsentrum in die hoofstad, Hanoi, gewerk en is Saterdagoggend dood toe sy motorfiets op Snelweg-5 teen die agterkant van ’n voertuig gebots het.
’n Vragmotor het oor hom en sy kollega, wat saam met hom op die motorfiets was, gery. Die kollega, ook ’n Suid-Afrikaner, is in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie