Kort nuus – Afrika en Internasionaal
Indonesië
3 dood, 60 vermis in modderstorting by myn
Minstens drie mense is Dinsdagnag dood en 60 is ondergrond begrawe in 'n modderstorting by onwettige goudmyn in Sulawesi, Indonesië.
Amptenare in Indonesië sê reddingwerkers is besig om grawe en toue te gebruik om die 60 mense wat moontlik ondergrond begrawe is, te probeer red.
Reddingwerkers sê hulle kon van die vasgekeerde mense se stemme in die myn hoor en glo dat baie van die mynwerkers nog lewendig is.
Die gebied waar die myn geleë is, is in die modderige heuwels in die noorde van Sulawesi.
"Ons het vasgestel dat baie van die mense nog lewendig is omdat ons hul stemme kan hoor. Daar is plekke waar die lug in en uit beweeg en daar is gapings in die modder."
Drie lyke is reeds gevind, terwyl minstens 15 mense reeds gered is nadat die myn die vorige aand ineengestort het. – Netwerk24
Nigerië
Buhari as wenner van verkiesing verklaar
Die Nigeriese verkiesingskommissie het aangekondig dat pres. Muhammadu Buhari van Nigerië die presidensiële verkiesing gewen het.
Buhari het Atiku Abubakar, 'n voormalige adjunkpresident, uitgestof sodat hy vir 'n tweede termyn kan dien.
Mahmood Yakubu, voorsitter van Nigerië se verkiesingskommissie (INEC), het dié nuus aangekondig. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie