Kort nuus – Afrika- en Internasionale nuus
Indië
Ontruimings begin: 100 m. in sikloon se pad
Sikloon Fani, 'n kategorie 4- tropiese sikloon, is op pad na Indië, wat die owerhede genoop het om reeds duisende mense te ontruim.
Die weerstasie in Odisha, 'n staat in Indië waarheen Fani tans mik, het voorspel dat minstens 11 distrikte in Fani se pad sal lê wanneer dié sikloon na verwagting Donderdag die land tref, berig die BBC.
AccuWeather voorspel dat Fani na verwagting Donderdagaand sal toeslaan en tot Vrydagmiddag sal woed. Meer as 100 miljoen mense woon in die gebied wat waarskynlik deur die sikloon getref gaan word.
The Times of India het Donderdagoggend vroeg gesê die sikloon is minstens 235 km van die Indiese stad Visakhapatnam af. 'n Beroep is reeds op vissermanne gedoen om uit die see uit te bly. - Netwerk24
Mosambiek
Sikloon Kenneth rig nog skade aan
Soos duisende ander mense in die Cabo Delgado-provinsie soek Ernesto Parivos na tekens dat die vloedwater besig is om te sak nadat Mosambiek verlede week deur die sikloon Kenneth getref is.
Die School for Teachers of the Future waar Parivos die hoof is, is al sedert verlede week sonder krag, 11 van die kollege se geboue is beskadig en die meeste van die paaie wat na die hoofstad Pemba lei, is onbegaanbaar.
Parivos en die 80 inwonende studente en personeel is gestrand by dié onderwysopleidingskollege in die Quissanga-distrik.
Volgens nooddienswerkers wag inwoners in talle afgeleë gebiede en klein eilande op kosvoorraad.
Die idilliese Ibo-eiland het groot skade gely en ’n kliniek op die eiland lyk asof dit deur ’n bom getref is, volgens ’n joernalis van Reuters wat die skade uit ’n vliegtuig gesien het.
In ’n nedersetting noord van Pemba is geboue platgevee en lê mense se besittings gestrooi oor die grond. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie