Kort nuus – Afrika- en Internasionale nuus

Zimbabwe



VN gee meer koshulp aan Zim



Die Verenigde Nasies (VN) het Dinsdag aangekondig dat hy voedselhulp aan sowat 4,1 miljoen Zimbabwiërs, wat 'n kwart van die bevolking uitmaak, gaan gee.

“Ons is baie bekommerd omdat die situasie daar steeds aan die versleg is,” het Eddie Rowe, direkteur van die Wêreldvoedselprogram (WFP), op 'n nuuskonferensie in Genève, Switserland, gesê.

“Ons glo as ons nie na hierdie mense uitreik en hulle help nie, die situasie daar in 'n enorme krisis sal ontaard.”

Zimbabwe, wat eens op 'n tyd as die broodmandjie van Suidelike-Afrika bekend gestaan het, ervaar tans sy ergste ekonomiese krisis in 'n dekade, wat gekenmerk word deur wegholinflasie en tekorte aan kos, brandstof, medisyne en elektrisiteit.

Die 240 000 ton voedselhulp, wat die WFP op die internasionale mark moet verkry, verteenwoordig 'n verdubbeling van die hulp wat dié organisasie reeds aan Zimbabwe bied.

Daar word beoog om voorrade uit Tanzanië in die vorm van mieliegraan, asook voedsel uit Mexiko, Kenia en moontlik die Swartsee-gebied, aan te koop, sê Rowe.

“In die afgelope vyf jaar het Zimbabwe net in een jaar normale reënval gehad. Die markte funksioneer nie,” sê hy. “Daar is gesinne wat honger gaan slaap sonder enige maaltyd per dag.” – Netwerk24/Reuters



Amerika



Harris tree uit VSA-presidentstryd



Die Amerikaanse Demokratiese senator Kamala Harris van Kalifornië gaan Dinsdag haar verkiesingsveldtog vir 2020 beëindig nadat sy nie steun in belangrike deelstate op haar kon verenig nie ondanks 'n vroeë styging in die peilings, volgens 'n bron in die veldtog.

“Ek het teruggekyk en van elke hoek hierna gekyk en oor die laaste paar dae tot een van die moeilikste besluite van my lewe gekom,” sê Harris Dinsdag in 'n e-pos aan ondersteuners. “My veldtog vir die presidensie het eenvoudig nie die finansiële hulpbronne wat ons benodig om voort te gaan nie.”

Harris het Dinsdagmiddag in 'n groepoproep met haar personeel gepraat om hulle van haar besluit in kennis te stel, volgens bronne wat verkies om anoniem te bly.

Harris (55) het haarself posisioneer as 'n verenigende kandidaat wat die party se steunbasis van jong, diverse progressiewes kan opbou, terwyl gematigde kiesers ook aanklank by haar vind.

Nogtans het sy nadat sy goeie steun in meningsopnames geniet het ná sterk vertonings in debatte in Junie, die laaste paar maande uitgeval as een die topkandidate en is sy agter die ander kandidate wat geldinsameling betref.

Haar onttrekking is die eerste van die topkandidate wat in 'n groot groep meeding.

Harris het as 'n vroeë voorloper aan die wedloop deelgeneem, maar het gesukkel om steun te behou, wat kritici toeskryf aan haar onvermoë om beleidstandpunte uit te stippel en die ongunstige reaksie ná 'n poging om Joe Biden, voormalige visepresident, te roskam. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!