Kort Nuus Afrika
Suid-Afrika
R16,5 m. se perlemoen uit stoorplekke gesteel
Perlemoen ter waarde van sowat R16,5 miljoen is die afgelope drie boekjare in gewapende rooftogte uit die staat se stoorplekke gesteel waar dit geberg is.
Senzeni Zokwana, SA se minister van landbou, bosbou en visserye, het Maandag dié inligting in antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag deur Pieter van Dalen, DA-LP, verskaf. Hy het gesê die rooftogte uit die pakhuise het op 29 Oktober 2015, 18 Desember 2017 en op 15 Mei vanjaar voorgekom. Zokwana is ook uitgevra oor besonderhede oor staatsamptenare wat betrokke was by die verwydering van die perlemoen.“Na ons wete was geen staatsamptenaar betrokke by enige van die diefstal-voorvalle nie. Die voorvalle is by die betrokke owerhede aangemeld. Alle kwessies is by die polisie aangemeld vir ondersoek. – Netwerk24
ACDP veroordeel ook aanval op Mnangagwa
Die ACDP het Maandag sy stem gevoeg by politici wat die sluipmoordaanval op pres. Emmerson Mnangagwa (75) van Zimbabwe in die naweek veroordeel het.
Cheryllyn Dudley, ACDP-LP, het die voorval as “ontstellend” beskryf en ’n beroep op die opposisiepartye in Zimbabwe gedoen om die geweld en intimidasietaktiek te veroordeel.
“Die verantwoordelikes is die vyande van ’n demokratiese Zimbabwe en moet die gevolge dra,” lui haar verklaring.
Mnangagwa het ternouernood aan die dood ontkom. Twee van sy adjunkte is Saterdag in die aanval in Bulawayo beseer.
Die saamtrek was deel van die regerende Zanu-PF se verkiesingsveldtog in aanloop tot die nasionale verkiesing wat op 30 Julie plaasvind. Mnangagwa was na berig word neffens die ploftoestel toe dit ontplof het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie