Kort Nuus – Afrika
Suid-Afrika
Zuma se seun kry borgtog
Borgtog van R100 000 is Maandag vasgestel in die korrupsiesaak van Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, in die handelshof in Johannesburg.
Duduzane het in die hof verskyn op 'n klag van korrupsie met 'n alternatiewe klag van sameswering om korrupsie te pleeg.
Hy het in voetboeie in die hof verskyn en met die media geskerts terwyl daar gewag is vir die hofverrigtinge om te begin.
Die staat het gesê dit sal nie in die belang van geregtigheid wees om Duduzane se borgtogaansoek teen te staan nie.
Landdros Jeremy Jansen van Vuuren het die aansoek toegestaan.
Duduzane het ook ingestem om sy paspoort in te handig en sal die ondersoekbeamptes in die saak in kennis moet stel as hy oorsee wil reis. Hy moet ook een keer 'n week by die polisie aanmeld.
Die staat het gevra dat die saak tot 24 Januarie 2019 uitgestel word omdat daar nog ander klagte van bedrog teen Duduzane is. – Netwerk24
Suid-Afrika
Lid van metropolisie vas oor transito-rooftogte
'n Vroulike lid van die Tshwane-metropolisie is onder die 23 mense wat Vrydag in hegtenis geneem is in verband met misdade wat verband hou met transitorooftogte, het die SAPD Sondag bekend gemaak.
“'n 32-jarige man en sy meisie in Vrydag in hegtenis geneem weens 'n transitorooftog wat in Mei in Boksburg plaasgevind het. Twee gepantserde voertuie is in die voorval geteiken,” het brig. Vish Naidoo in 'n verklaring gesê.
“Die vriendin, 'n beampte verbonde aan die Tshwane-metropolisie, het na bewering die wapens geberg wat in die aanval op die twee gepantserde voertuie in Boksburg gebruik is.”
'n Geweer, magasyn en verskillende rondes ammunisie is ook gevind. Daar is ook beslag gelê op 'n Toyota Quantum, wat glo met kontant gekoop is.
Volgens Naidoo is die metropolisielid se kêrel na bewering betrokke by verskeie transitorooftogte landswyd. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie