Kort nuus – Afrika
Suid-Afrika
En skielik is daar 5 en nie net 3 babas!
’n Ouerpaar van die Oos-Rand het hulle maande lank op ’n drieling voorberei, maar is toe met ’n vyfling verras.
Siyanda, Sibahle, Simesihle, Silindile en Sindisiwe Buthelezi is verlede Donderdag in die Botshelong-hospitaal in Vosloorus gebore.
Vyf dae ná hul geboorte kon hulle op hul eie asemhaal en het hulle gewig opgetel.
Manusha Pillay, woordvoerder van die hospitaal, sê dit is die kritiese faktore wat die babas se groei en ontwikkeling verseker.
Dr. Moeng Pitsoe, onder wie se leiding die mediese span was wat die bevalling behartig het, sê hul uitgebreide ondervinding in ginekologie en obstetrie het gelei tot die hoogs gespesialiseerde behandeling wat die ma en haar babas ontvang het.
Elkeen van die Buthelezi-vyfling het by geboorte meer as ’n kilogram geweeg.
Pitsoe sê hulle het ’n uitstekende kans op oorlewing.
Die vyfling sal ontslaan word sodra hulle 2 kg elk weeg. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie