Kort nuus – Afrika
Suid-Afrika
EFF woedend oor ‘Mama Winnie’-lughawe
Die EFF het homself sterk uitgespreek nadat hy ’n mosie om die Kaapstadse lughawe na die ontslape Winnie Madikizela-Mandela te hernoem, in die parlement verloor het.
Dr. Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, sê die ANC en DA het saamgespan en weer die hernoeming van die Kaapstad-lughawe verwerp omdat hulle weier om “Mama Winnie Mandela” in haar eie reg as leier van die liberale Suid-Afrika te aanvaar.
Hulle sê hiermee verwerp die ANC die sentrale rol wat vroue in die stryd om vryheid gespeel het.
Hy meen die ANC het Madikizela-Mandela as ’n leier probeer onderdruk.
“Hulle het haar as leier probeer onderdruk en ons beroof van die eerste swart vroulike leier wat die land verdien het. Dis duidelik dat hulle bang is vir haar, selfs al is sy dood.” – Netwerk24
Suid-Afrika
Nou is dit kyk suid en soek voort na losloperleeu
Die soektog na ’n leeu wat op 15 Februarie uit die Karoo Nasionale Park in Beaufort-Wes in die Wes-Kaap ontsnap het, is Dinsdag voortgesit, maar dié keer is daar in ’n suidelike rigting geswenk.
Die soekgeselskap het die leeu vroeër minstens een keer vlugtig gewaar, maar dié het toe weer verdwyn.
Verlede week het die park bekend gemaak die leeu se spore is sowat 60 km noord van die park gevind.
Volgens Sanparke is die ontsnapte leeu vermoedelik ’n twee en half jaar oue mannetjie. ’n Eskom-werker het op 15 Februarie die leeu buite die park gesien. Hy het blykbaar onderdeur die park se geëlektrifiseerde heining gekruip nadat swaar reën in die gebied die grond weggespoel het en voordat veldwagters die skade kon herstel. Daar is ook vroeër afgekom op die karkas van ’n eland wat die leeu platgetrek het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie