Kort nuus - Afrika
Afrika
China ontken dat hy skuldstrikke vir Afrika stel
Chinese ontwikkelingsprojekte in Afrika moet volhoubaar wees, het ’n senior Chinese diplomaat gesê in antwoord op kritiek dat dié land net daarop uit is om skuldstrikke te stel.
Pres. Xi Jinping van China het in September verlede jaar op die China-Afrika-beraad oor samewerking US$60 miljard aan die Afrikanasies belowe. Dit is dieselfde bedrag as wat hy in 2015 op die vorige beraad in Johannesburg belowe het.
China ontken dat hy “skuldstrik-diplomasie” beoefen en in September gesê die skuld van sy rentevrye lenings aan die armste Afrikalande sal afgeskryf word.
Wang Yi, ’n raadslid van die Chinese staat, het onder andere die buitelandse ministers van 50 Afrikalande in Beijing die versekering gegee dat sy land nie bloot sy eie geopolitieke voordeel in Afrika najaag nie en nooit sy wil op ander sal afdwing nie.
Hy het gesê China se benadering tot samewerking met Afrika is anders as dié van ander internasionale magte. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie