Kort nuus – Afrika
Die polisie in Harrismith in die Vrystaat ondersoek 'n saak van opsetlike saakbeskadiging nadat 'n 80 jaar oue nasionale gedenkwaardigheid oor die naweek naby die dorp erg gevandaliseer is.
Die Kidston-gedenkteken, 'n nasionale gedenkwaardigheid naby Tandjiesberg by Harrismith, is Saterdagaand vermoedelik deur vandale bykans vernietig.
Die sandsteen-gedenkteken is deur die ouers van lt.kommandeur George Pearson Glen Kidston se ouers opgerig nadat hy en kapt. T.A. Gladstone in 1931 in 'n De Havilland Puss Moth-vliegtuig tussen Johannesburg en Pietermaritzburg gevlieg het en hul vliegtuig in 'n stofstorm oor die platorand naby Tandjiesberg geval het.
Leon Strachan van die Harrismith Erfenisstigting sê die netjiese sandsteenstruktuur is afgebreek in 'n oënskynlike soeke na iets waardevols, aangesien albei bronsplate op die toneel gevind is.
“Dit is geen geheim dat 'n gerug lank reeds die ronde doen dat die kort, stewige gedenkteken 'n skat bewaar nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie