Kort Nuus – Internasionaal

Palestina



Palestyne kap sluiting van grens



Hamas het Israel veroordeel vir sy besluit om gister die Karam Abu Salem-handelsgrens te sluit, berig Al Jazeera.

Die grens is die roete om lewensmiddele na die besette Gasastrook te neem.

Hamas, wat Gasa beheer, het die besluit Maandag as 'n misdaad teenoor die mense van Gasa bestempel.

Hulle het die internasionale gemeenskap se stilswye oor Israel se besetting betreur.

Israel het Maandag aangekondig dat Karam Abu Salem gesluit gaan word in reaksie op Palestyne wat Israelse landbougebiede aan die brand steek.

Benjamin Netanyahu, Israelse eerste minister, sê die grens sou gister gesluit word.

Kos, meel en koring sal toegelaat word om oor die grens vervoer te word. Klere en boumateriaal soos plastiek en chemiese stowwe sal egter verbied word.

Palestyne het die laaste weke betoog oor die Israelse vloot en lugmag wat grond sedert 2006 beset het.

Hulle het brandende voorwerpe oor die grens gegooi wat brande op landbougrond veroorsaak het.

Die Israelse regering reken sowat US$2,5 miljoen se skade is aangerig. – Netwerk24

Amerika



Kommer oor Trump se nuwe konserwatiewe regter



Pres. Donald Trump van Amerika het Brett Kavanaugh benoem vir die Amerikaanse hooggeregshof om uittredende regter Anthony Kennedy (81) te vervang.

Kavanaugh, wat reeds 12 jaar as regter in die federale appèlhof dien, se aanstelling moet eers deur die Senaat goedgekeur moet word, wat op sigself nie 'n maklike taak gaan wees nie.

Senators van die Demokratiese Party het onderneem om sy aanstelling te blokkeer, maar Trump se Republikeine beheer die Senaat, dus kan hulle Kavanaugh se benoeming deurvoer mits almal saamstaan.

Kavanaugh se aanstelling sal nie die ideologiese uiteensetting van die hooggeregshof, wat reeds uit vyf teenoor vier konserwatiewe regters bestaan, verander nie. Daar is egter kommer onder aktiviste dat die nuwe regter, indien hy deur die Senaat ingestem word, beslissings oor aborsieregte sal hanteer. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!