Kort nuus – Internasionaal
Sirië
Vier lande gaan praat oor Sirië
Rusland het Maandag bekend gemaak dat ’n vierledige beraad oor Sirië vir die “nabye toekoms” beplan word.
Dié beraad sal tussen die leiers van Rusland, Frankryk, Turkye en Duitsland plaasvind.
Sergei Lawrof, minister van Rusland se departement van buitelandse sake, sou Maandag en gister Ankara in Turkye besoek om dié vergadering met sy Turkse eweknie te bespreek.
Intussen sal Angela Merkel, die Duitse kanselier, en pres. Wladimir Poetin van Rusland vergader om die oorlog in Sirië te bespreek asook die konflik in die ooste van die Oekraïene, en ’n betwiste pyplyn om Russiese brandstof na Duitsland te bring. Dié vergadering sal Saterdag naby Berlyn gehou word.
“’n Mens kan verwag dat die samesprekinge sal fokus op bilaterale verhoudinge, vir seker die kwessie van die Siriese konflik asook die situasie in die ooste van die Oekraïne, en energie,” het Steffen Seibert, ’n woordvoerder van die Duitse regering, Maandag gesê.
Duitsland wil hê Rusland en Amerika moet ’n skietstilstand in Sirië finaliseer. – Netwerk24/Reuters
Noord-Korea
Koreas beraadslaag weer volgende maand
Noord- en Suid-Korea het Maandag ooreengekom om ’n beraad in September te hou.
Dít is nog ’n stap om samewerking tussen die ou teëstanders aan te moedig, selfs te midde van twyfel oor pogings deur die Noorde om sy kernwapenprogram te beëindig.
Amptenare van albei kante ontmoet tans in die dorp Panmoendjom in ’n gedemilitariseerde gebied wat die twee Koreaanse lande van mekaar skei.
Die amptenare het ingestem dat ’n beraad in September tussen dié twee lande se leiers in Noord-Korea se hoofstad, Pjongjang, sal plaasvind. ’n Presiese datum is nog nie aangekondig nie.
Dit sal die derde vergadering vanjaar tussen Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, en pres. Moon Jae-in van Suid-Korea wees.
Die twee leiers het vir die eerste keer in April in Panmoendjom ontmoet ná meer as ’n jaar van spanning en vrese vir oorlog weens die Noorde se ontwikkeling van kernwapens en ballistiese missiele.
Geen besonderhede oor die agenda vir volgende maand se besprekinge is tot dusver bekend gemaak nie. Die twee lande het egter al ’n reeks kwessies bespreek: van ’n moontlike vredesooreenkoms tot gesamentlike ekonomiese en infrastruktuurprojekte. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie