Kort nuus – Internasionaal

Italië

Brugramp: Dodetal nou 43

Die liggame van nóg mense is onder die rommel van die brug in Genoa, Italië, gevind wat verlede week ineengestort het.

Dit bring die dodetal op 43 te staan.

Die jongste slagoffers se lyke is in ’n motor gevind wat verfrommel onder stukke beton van die brug gelê het.

Die brug het verlede week ineengestort.

Nege mense word nog in die hospitaal behandel, van wie vier in ’n ernstige toestand is.

Die deel van die hangbrug wat ineengestort het, was ongeveer 80 m lank. Van die oorledenes van die ramp is Saterdag begrawe. – Netwerk24/Reuters

Palestina

10 ton pos glo gou aan Palestyne afgelewer

Meer as tien ton pos wat die afgelope agt jaar opgehoop het, is binnekort op pad na Palestyne in die besette Westeroewer en Gasa-strook.

Poswerkers is besig om in Jerigo aan die Westeroewer deur duisende possakke te werk.

Die 10,5 ton pos is sedert 2010 in Jordanië gehou omdat Israel nie dié pos direk van Jordanië na die Palestynse owerheid in die Westeroewer wou laat stuur nie.

Pos aan mense in dié gebied, wat onder Israelse beheer is, word om veiligheidsredes eers deur Israel gehanteer.

Volgens Israel word stappe gedoen om ’n ooreenkoms van 2016 – om internasionale posbande met die Westeroewer in te stel – spoedig te huldig.

Volgens Palestynse beamptes is van die posstukke onleesbaar omdat die skrif op die koeverte vervaag het, en dit sal moeilik wees om sommige pakkies af te lewer omdat van die inhoud by die verweerde koeverte begin uitpeul het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!